JF OESTER

Waarom RESPEK die hoeksteen moet wees

Jan 24, 2025

Berig Deur Wihan Coertzen

Leerders, julle het dit al honderde keer gehoor:

“Respekteer jouself. Respekteer jou ouers, jou onderwysers, jou vriende.”

Respekteer, respekteer, respekteer…

Maar wat beteken respek regtig in hierdie kontekste, en hoe kan ons dit daagliks toepas?

Om respek vir ander te hê, beteken eenvoudig om hulle te waardeer. Hulle waarde, hulle opinies en hulle gevoelens. Jy erken hulle uniekheid en jy behandel hulle met bedagsaamheid en hoflikheid – jy luister aandagtig as hulle praat en jy is vriendelik en beskaafd.

Maar wat as iemand jóú sonder respek behandel? Wat maak jy dan? Gee jy hulle dieselfde houding terug? Dít is waar respek vir jouself ‘n baie belangrike rol speel: Om jousélf te respekteer beteken dan eenvoudig om jousélf te waardeer. Dit beteken om lief te wees vir jouself en vir jouself om te gee. Jy het ‘n gesonde agting vir jou karakter, jy erken jou waarde en jy verstaan jou behoeftes en grense.

Om ander mense met respek te behandel, ongeag van hoe hulle jóú behandel, is die regte ding om te doen. Dít kry ‘n mens net reg as jy respek vir jouself het. Dink aan ‘n JF waar almal met mekaar vriendelik is. ‘n JF waar niemand geoordeel voel net bloot oor die mens wat hulle is nie. ‘n JF waar dit voel asof almal vir mekaar lief is. ‘n JF waar almal waardeer en raakgesien voel.

Gun jou Engelsjuffrou haar spreekbeurt in die klas. Sê vir daardie persoon dat jy trots is op sy of haar prestasies. Behandel jou medemens soos jy self behandel sou wou word.

Dit is dalk onmoontlik om die perfekte JF te maak, maar deur respek vir jouself en vir mekaar te hê, is een reusesprong in die regte rigting!

Wihan Coertzen

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."