JF OESTER

Waarom RESPEK die hoeksteen moet wees

Jan 24, 2025

Berig Deur Wihan Coertzen

Leerders, julle het dit al honderde keer gehoor:

“Respekteer jouself. Respekteer jou ouers, jou onderwysers, jou vriende.”

Respekteer, respekteer, respekteer…

Maar wat beteken respek regtig in hierdie kontekste, en hoe kan ons dit daagliks toepas?

Om respek vir ander te hê, beteken eenvoudig om hulle te waardeer. Hulle waarde, hulle opinies en hulle gevoelens. Jy erken hulle uniekheid en jy behandel hulle met bedagsaamheid en hoflikheid – jy luister aandagtig as hulle praat en jy is vriendelik en beskaafd.

Maar wat as iemand jóú sonder respek behandel? Wat maak jy dan? Gee jy hulle dieselfde houding terug? Dít is waar respek vir jouself ‘n baie belangrike rol speel: Om jousélf te respekteer beteken dan eenvoudig om jousélf te waardeer. Dit beteken om lief te wees vir jouself en vir jouself om te gee. Jy het ‘n gesonde agting vir jou karakter, jy erken jou waarde en jy verstaan jou behoeftes en grense.

Om ander mense met respek te behandel, ongeag van hoe hulle jóú behandel, is die regte ding om te doen. Dít kry ‘n mens net reg as jy respek vir jouself het. Dink aan ‘n JF waar almal met mekaar vriendelik is. ‘n JF waar niemand geoordeel voel net bloot oor die mens wat hulle is nie. ‘n JF waar dit voel asof almal vir mekaar lief is. ‘n JF waar almal waardeer en raakgesien voel.

Gun jou Engelsjuffrou haar spreekbeurt in die klas. Sê vir daardie persoon dat jy trots is op sy of haar prestasies. Behandel jou medemens soos jy self behandel sou wou word.

Dit is dalk onmoontlik om die perfekte JF te maak, maar deur respek vir jouself en vir mekaar te hê, is een reusesprong in die regte rigting!

Wihan Coertzen

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.