JF OESTER

JF-Leerders Gloei vir Netbal!

Oct 28, 2024

Berig Deur Joané de Beer

Met glowsticks in die hand, en bedek met neon-verf, was die JF-kinders gereed om netbal te speel dat die biesies bewe!

Die jaarlikse Netbal-aandliga is altyd iets om na uit te sien. Elke jaar is daar ‘n ander tema, en hierdie jaar was dit Glow in the Dark. Die bane is met weerkaatsende kleeflint geplak en daar is ligte opgesit om alles behoorlik te laat gloei.

Spanne van tussen 7 en 10 mense kon inskryf en elke span moes met ‘n kreatiewe naam en kostuum vorendag kom. Hierdie jaar was daar ‘n nuwe rekord met 34 spanne wat ingeskryf het. Elke span het drie wedstryde van 12 minute lank gespeel, en daarna is die semi-finale en die finaal gespeel. Na ‘n paar tawwe wedstryde, is die “Shimmering Shimlas“ as die wenspan van die aand aangekondig.

Dit was ook nie net die leerders wat deelgeneem het nie. Daar was ook ’n onderwyserspan wat die leerders sommer gou-gou gewys het waar Dawid die wortels gegrawe het. Oud beteken mos nog lank nie koud nie!
Almal se gees en energie was tasbaar, glimlagte was breed en die wedstryde was gevul met genot.

Die JF-Aandliga van 2024 was beslis ‘n sukses en weer eens een vir die boeke!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."