JF OESTER

JF-Leerders Gloei vir Netbal!

Oct 28, 2024

Berig Deur Joané de Beer

Met glowsticks in die hand, en bedek met neon-verf, was die JF-kinders gereed om netbal te speel dat die biesies bewe!

Die jaarlikse Netbal-aandliga is altyd iets om na uit te sien. Elke jaar is daar ‘n ander tema, en hierdie jaar was dit Glow in the Dark. Die bane is met weerkaatsende kleeflint geplak en daar is ligte opgesit om alles behoorlik te laat gloei.

Spanne van tussen 7 en 10 mense kon inskryf en elke span moes met ‘n kreatiewe naam en kostuum vorendag kom. Hierdie jaar was daar ‘n nuwe rekord met 34 spanne wat ingeskryf het. Elke span het drie wedstryde van 12 minute lank gespeel, en daarna is die semi-finale en die finaal gespeel. Na ‘n paar tawwe wedstryde, is die “Shimmering Shimlas“ as die wenspan van die aand aangekondig.

Dit was ook nie net die leerders wat deelgeneem het nie. Daar was ook ’n onderwyserspan wat die leerders sommer gou-gou gewys het waar Dawid die wortels gegrawe het. Oud beteken mos nog lank nie koud nie!
Almal se gees en energie was tasbaar, glimlagte was breed en die wedstryde was gevul met genot.

Die JF-Aandliga van 2024 was beslis ‘n sukses en weer eens een vir die boeke!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.