JF OESTER

Dansende ster skitter in Spanje, Barcelona!

Jul 31, 2024

Berig Deur Twané Meyer

Berig deur: Twané Meyer

Zani Botha (graad 11-leerder) het van 17 Junie tot 3 Julie haar tyd in Spanje, Barcelona deurgebring, en nie net vir enige episode nie! Zani is gekies om Suid-Afrika met haar briljante danspassie te verteenwoordig, en ons kan met trots sê dat sy glad nie teleurgestel het nie …

Met ’n baie nederige gesindheid het sy die vliegtuig bestyg en beslis nie gedink dat sy so goed sou presteer nie. Sy het teruggekeer, nie net met een of twee wêreldkampioenskaptitels nie, maar met ’n allemintige vyf!

Zani verower by hierdie Wêreldkampioenskappe twee goue, twee silwer en een brons titel, en word boonop die EERSTE Suid-Afrikaner wat die “Spotlight Melody” titel verwerf. Sy spog ook nou met SA kleure, en dit laat ons net besef dat daar waarlik talent hier in ons midde is.

Zani vertel ook dan dat haar ervaring in Barcelona baie aangenaam was, en die lekkerste deel die verskillende interessante kossoorte was. Sy las by dat dit heerlik was om die ou historiese geboue te besoek en gebruik te maak van die openbare vervoergeriewe.

Haar advies aan dansers wat sukses wil behaal, is:

“Glo altyd in jouself, werk te alle tyd baie hard en hê altyd deursettingsvermoë. Daarsonder kan jy dit nie maak nie.”

Haar gunstelingaanhaling getuig van haar gesindheid en rede vir haar sukses so vroeg al in haar dansloopbaan: “Success is 1% luck, 1% talent and 98% never giving up.”

Zani, ons as ’n JF- familie is verskriklik trots op jou prestasies en kan nie wag om te sien hoe jy verder in die toekoms gaan skitter nie. Ons staan bankvas agter jou!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."