JF OESTER

Dansende ster skitter in Spanje, Barcelona!

Jul 31, 2024

Berig Deur Twané Meyer

Berig deur: Twané Meyer

Zani Botha (graad 11-leerder) het van 17 Junie tot 3 Julie haar tyd in Spanje, Barcelona deurgebring, en nie net vir enige episode nie! Zani is gekies om Suid-Afrika met haar briljante danspassie te verteenwoordig, en ons kan met trots sê dat sy glad nie teleurgestel het nie …

Met ’n baie nederige gesindheid het sy die vliegtuig bestyg en beslis nie gedink dat sy so goed sou presteer nie. Sy het teruggekeer, nie net met een of twee wêreldkampioenskaptitels nie, maar met ’n allemintige vyf!

Zani verower by hierdie Wêreldkampioenskappe twee goue, twee silwer en een brons titel, en word boonop die EERSTE Suid-Afrikaner wat die “Spotlight Melody” titel verwerf. Sy spog ook nou met SA kleure, en dit laat ons net besef dat daar waarlik talent hier in ons midde is.

Zani vertel ook dan dat haar ervaring in Barcelona baie aangenaam was, en die lekkerste deel die verskillende interessante kossoorte was. Sy las by dat dit heerlik was om die ou historiese geboue te besoek en gebruik te maak van die openbare vervoergeriewe.

Haar advies aan dansers wat sukses wil behaal, is:

“Glo altyd in jouself, werk te alle tyd baie hard en hê altyd deursettingsvermoë. Daarsonder kan jy dit nie maak nie.”

Haar gunstelingaanhaling getuig van haar gesindheid en rede vir haar sukses so vroeg al in haar dansloopbaan: “Success is 1% luck, 1% talent and 98% never giving up.”

Zani, ons as ’n JF- familie is verskriklik trots op jou prestasies en kan nie wag om te sien hoe jy verder in die toekoms gaan skitter nie. Ons staan bankvas agter jou!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.