Ons is vol blydskap in ons harte om vir juffrou Clarissa Smit, Jim Fouché se nuwe Tegnologie-onderwyser vir graad 8 en 9, te verwelkom.
Met ’n ware passie om ander mense te help, bring juffrou Clarissa ’n warm en sorgsame benadering tot onderwys. In ’n ander lewe sou hierdie juffrou ‘n verpleegster wees, maar sy is toe, gelukkig vir ons, op die onderwyspaadjie gesit. Sy hou al vir vier jaar skool.
As sy haarself in een word kan beskryf, is dit “perfeksionisties.” Tog is haar motto “Go with the flow,” wat beteken dat sy ’n goeie balans het!
Sy is baie groot op familie en sy kan nie sonder haar man, Erhard Smit, en haar twee kinders, Milienke en Erasmus, lewe nie. Dit is ook haar gunstelingtydverdryf om saam met hulle tyd deur te bring.
Sy sê: “My eerste week hier by JF was besig, maar ek sou dit nie anders verkies nie, ek kry hoendervleis om te sien hoe 1000 kinders op n Woensdag oggend ons Pappa God prys.”
Haar groot droom in JF is om te sien hoe jongmense ontwikkel en nuwe vaardighede aanleer. Ons wens haar sterkte toe op hierdie nuwe pad en hoop dat haar bloed sommer vinnig groen sal vloei.
Berig deur: Theani Botha
0 Comments