Sy is ongelooflik lief vir haar moedertaal, sy het meer boeke as wat sy kan tel en sy wil ’n nuwe perspektief skep by leerders. JF verwelkom ’n splinternuwe juffrou in die Afrikaanse departement: juffrou Estelle Delport.
Juffrou Elizri Malan – Jim Fouché verwelkom oudskolier
’n Onderwyser vol passie vir drama en kinders. Iemand wat gedrewe is en tot haar volle potensiaal wil styg. Sy skrik nie vir harde werk nie. Harde werk is vir háár bang.
Juffrou Helé Smith: ’n Vars briesie in die Verbruikersklas
Jufffrou Helé kom van Brandfort, net ’n klipgooi van Bloemfontein af. Daar het sy haar skoolloopbaan by Staatspresident Swart voltooi.
Meneer en Juffrou sê: Valentynsdag-weergawe
By JF is die onderwysers altyd besig om die ekstra myl te stap of om te werk tot hulle die kromme note haal. Maar ek het onlangs ’n paar vrae aan die JF-onnies gerig… en uit hul antwoorde is dit duidelik dat daar ook plek vir die liefde is!
Juffrou Theana neem afskeid
Soos ons die einde van die skooljaar nader, neem ons hartseer afskeid van iemand wat ’n groot invloed op ons skoolgemeenskap gehad het.
Onderwyser met goue hart en groen vingers maak JF-geskiedenis
Om by klaskamer 112 in te stap, is soos om deur die nostalgiese memory lane van JF-geskiedenis te stap. In dié klaskamer word daar ná 40 jaar steeds met ’n brandende passie (en in tipiese old school-styl met wit op groen) besigheidstudie gegee.
Leer ken Jim Fouché se BL – die dryfkrag agter ons sukses
’n Oor om te luister; ’n Skouer om op te leun
’n Nuwe maatskaplike werker het onlangs by Hoërskool Jim Fouche aangesluit, met ’n missie om ‘n golf van empatie en ondersteuning na die skool gebring.
‘n Hart vir Onderwys
Ons is vol blydskap in ons harte om vir juffrou Clarissa Smit, Jim Fouché se nuwe Tegnologie-onderwyser vir graad 8 en 9, te verwelkom.










