As daar een ding is wat Jim Fouché goed kan doen, is dit gees! En soveel te meer tydens die jaarlikse Classic Clashes teen Hoërskool Sentraal.
SA SKOLE PLUIMBAL
JF het weer gewys wat in hulle steek tydens die jaarlikse Pluimbal SA Skoletoernooi wat vanaf 26 – 30 April 2025 in Durban gehou is.
VERKEERSTEKENS ÓF BREINBREKERS?
Dis amptelik – 17-jariges dop hul leerderslisensie meer gereeld as pannekoek! Maar wie is nou regtig die skuldige?
Meneer en Mejuffrou JF 2025 – A Night at the Nile
Die aand van Meneer en Mejuffrou JF is vir seker ’n datum waarna almal jaarliks uitsien, veral die finaliste. Die tema van 2025 was “A night at the Nile.” Die skoolsaal is glansryk opgemaak met die mooiste Egiptiese dekor. Dié goue aand het gespreek van koninklikheid.
Mik ’n Rol!
Rolbal is ’n sport wat baie onderskat word. Soos enige ander sport verg dit konsentrasie en koördinasie; jy moet nog steeds teenoor die ander deelnemers respek betoon en dan, soos enige sport maar is, is dit kompeterend.
Meer as net blomme en ontbyt in die bed
Yskoue, halfgaar eiers. ’n Koue koppie koffie wat nie volgens smaak gemaak is nie. ’n Berg skottelgoed en ’n vuil kombuis wat lê en wag. Dis die realiteit van die meeste ma’s op Moedersdag.
Afrikaans word 100 jaar oud!
Afrikaans vier in 2025 haar eeufees as amptelike taal. Hoewel ons die taal al vir honderde jare gebruik, vier ons op 8 Mei 2025 ’n besonderse mylpaal: 100 jaar sedert Afrikaans amptelik erken is.
Bloemskou – ’n tonikum vir die Bloemkoue
Die Bloemfontein Skou van 2025 was soos ’n opwindende kombinasie van ’n kermis, konsert en kunsuitstalling– alles in een!
BTW-verhoging – eufemisme vir jeugonderdrukking
’n BTW-verhoging lyk dalk na ’n “grootmensprobleem” – die soort wat in parlementsale en nuuskamers bespreek moet word. Maar … Sy skadu strek tot in ons klaskamers, in ons kosblikke en in die daaglikse lewens van leerders regoor die land.
Hou bene hou!
Die Jim Fouché-atlete het beslis die vakansie by die Nasionale Hoërskole Atletiekbyeenkoms presteer. Met hulle puik prestasies het hulle JF se naam só ver en hoog gedra soos wat hulle kon hardloop, stoot en spring.










