JF OESTER

G – E – E – S! Wat spel dit? JF!

May 27, 2025

Berig Deur JF Oester

As daar een ding is wat Jim Fouché goed kan doen, is dit gees! En soveel te meer tydens die jaarlikse Classic Clashes teen Hoërskool Sentraal.

Die Saterdag het met netbal-, hokkie- en rugbywedstryde afgeskop, en JF-leerders was absoluut gereed vir die spanningsvolle en opwindende dag, wat ook optogte ingesluit het. Hier het JF en Sentraal se rasieleiers op ’n spoggerigge wyse hulle verskyning maak, gevolg deur ’n geoefende dansie wat die ouers se monde laat oophang het.

Soos verwag, het JF die pawiljoen se dak laat skud – nie net tydens die optog nie, maar tydens die hele eerstespanrugbywestryd! Met ou bekende krete soos “JF till I die” en “Assandrea” het JF hulself behoorlik op die pawiljoene laat hoor. Die ou JF-tradisies het ook geseëvier – soos as almal op die pawiljoen voor ’n skop pale toe vir die spelers hartjies met hulle hande wys. Dis hoe JF’ers mekaar ondersteun. Die gaste en toeskouers is ook gegroet deur die wenners van onderskeidelik Mnr. en Mej. JF, en Mnr. en Mej. Tralie, wat hulle verskyning tydens die optog op die rugbyveld gemaak het.

Ons kan met volle vertroue sê dat JF die gees wen, want nie net het ons die hardste geskree nie, maar ons het ook nie opgehou voordat die laaste eindfluitjie geblaas het nie. Ons blou teenstanders is ook nie net ore aangesit op die pawiljoen nie, maar ook op die rugbyveld met ’n wegholoorwinning vir ons eerste rugbyspan van 37-21.

Dit was beslis ’n baie goeie dag vir Jim Fouché!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.