JF OESTER

G – E – E – S! Wat spel dit? JF!

May 27, 2025

Berig Deur JF Oester

As daar een ding is wat Jim Fouché goed kan doen, is dit gees! En soveel te meer tydens die jaarlikse Classic Clashes teen Hoërskool Sentraal.

Die Saterdag het met netbal-, hokkie- en rugbywedstryde afgeskop, en JF-leerders was absoluut gereed vir die spanningsvolle en opwindende dag, wat ook optogte ingesluit het. Hier het JF en Sentraal se rasieleiers op ’n spoggerigge wyse hulle verskyning maak, gevolg deur ’n geoefende dansie wat die ouers se monde laat oophang het.

Soos verwag, het JF die pawiljoen se dak laat skud – nie net tydens die optog nie, maar tydens die hele eerstespanrugbywestryd! Met ou bekende krete soos “JF till I die” en “Assandrea” het JF hulself behoorlik op die pawiljoene laat hoor. Die ou JF-tradisies het ook geseëvier – soos as almal op die pawiljoen voor ’n skop pale toe vir die spelers hartjies met hulle hande wys. Dis hoe JF’ers mekaar ondersteun. Die gaste en toeskouers is ook gegroet deur die wenners van onderskeidelik Mnr. en Mej. JF, en Mnr. en Mej. Tralie, wat hulle verskyning tydens die optog op die rugbyveld gemaak het.

Ons kan met volle vertroue sê dat JF die gees wen, want nie net het ons die hardste geskree nie, maar ons het ook nie opgehou voordat die laaste eindfluitjie geblaas het nie. Ons blou teenstanders is ook nie net ore aangesit op die pawiljoen nie, maar ook op die rugbyveld met ’n wegholoorwinning vir ons eerste rugbyspan van 37-21.

Dit was beslis ’n baie goeie dag vir Jim Fouché!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.