JF OESTER

Hou bene hou!

Apr 16, 2025

Berig Deur JF Oester

Die Jim Fouché-atlete het beslis die vakansie by die Nasionale Hoërskole Atletiekbyeenkoms presteer. Met hulle puik prestasies het hulle JF se naam só ver en hoog gedra soos wat hulle kon hardloop, stoot en spring.

Franzelle Barnard (in graad 8) het fantasties presteer, en is gekroon as die SA kampioen vir dogters o. 15-hoogspring, met ’n hoogte van 1,64 meter. (Dit is hoër as wat party mense lank is!)

Sowel Danell Oelofse as Amoné Verwey het tweede plekke behaal. Danell in die 2000 m hindernis vir o. 17-dogters, met ‘n tyd van 7 minute en 19 sekondes, en Amoné in die dogters 200 m in die o. 19-afdeling, met ’n tyd van 25,13 sekondes. Danell Oelofse het ’n verdere sesde plek in die 3000 m vir dogters o/17 behaal. Amoné Verwey en Maruné Dreyer het ook as deel van die Vrystaat-aflosspan deelgeneem, en hier het die Vrystaat ’n uitmuntende tweede plek behaal.

Met ’n afstand van 49,48 m, het Conrad van der Zwaard ’n derde plek behaal in die seuns o. 19-diskusitem. Hy het ook ’n agste plek vir seuns o. 19-gewigstoot behaal. Johaney du Toit behaal ’n 5de plek in die dogters o. 19-hamergooi, terwyl Neldri du Toit ’n agste plek in die dogters o. 17-hamergooi verwerf.

Die uitslae eindig ook nie daar nie! Hanel Browne het ’n vierde plek behaal in die dogters o. 17-driesprong, en ’n agste plek in die dogters o. 17-verspring.

Anri Rautenbach het ‘n sewende plek vir dogters o/17 hoogspring behaal.

As jy gedink het dat dit al die prestasies is, is jy verkeerd, want hier volg nóg uitstekende uitslae! Maruné Dreyer het ’n agste plek in die dogters o. 17-hekkies behaal, en Nico Coetzee ’n sewentiende plek in die 200 m vir seuns o. 15.

Die dryf en uithouvermoë wat hierdie atlete het, word gereflekteer in elke prestasie wat hulle behaal het. Hulle is werklike voorbeelde van TROTS JF!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.