JF OESTER

Bloemskou – ’n tonikum vir die Bloemkoue

Apr 28, 2025

Berig Deur Abigail Fivaz

Die Bloemfontein Skou van 2025 was soos ’n opwindende kombinasie van ’n kermis, konsert en kunsuitstalling– alles in een!

Van 25 April tot 3 Mei was die lug gevul met die reuk van gebrande suiker, die klanke van bekende kunstenaars, en die opgewonde gegil van mense op reuse-ritte. Dis nie net ’n skou nie – dis ’n ervaring. En, glo dit of nie, dit hou baie lesse in vir ons hier by Hoërskool Jim Fouché.

Met 36 verskillende ritte – waarvan ses splinternuut was – het die pretpark mense laat lag, gil en soms selfs laat skree van vrees. Die FMX Flight Night het motorfiets-helde in die lug laat vlieg, met vlamme wat om hulle dans en skares wat juig. Op die verhoog het groot name soos Bok van Blerk, Posduif en Bernice West die skare aan die sing gehad.

Maar dis nie net die adrenalien en musiek wat mense laat terugkom nie. Die hart van die skou lê in sy mense, sy gemeenskap en sy passie vir tradisie. Met meer as 5 000 vee-inskrywings, 2 711 kuns- en handwerkstukke, en skaapskeerkompetisies wat fyn vaardigheid vereis, het die skou bewys dat oud en nuut nie teenstrydig hoef te wees nie – hulle kan saam ’n meesterstuk vorm.

Wat het dit met ons as skool te doen? Alles. Die Bloemskou wys hoe ’n gemeenskap saam iets ongeloofliks kan skep – nes ’n skool. Dit wys dat verskeidenheid ’n krag is, dat kreatiwiteit en harde werk hand aan hand loop. Elke stalletjie en elke opvoering het sy plek gehad – nes elke leerder in ons skool.

Die Bloemfontein Skou was vol energie, talent, samewerking en trots – vier dinge wat ons in Jim Fouché Hoërskool wil sien. As ons iets van die skou kan leer, is dit dít: Wanneer mense met oorgawe en entoesiasme saamwerk, is enigiets moontlik.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Nuus Nov 28, 2025

JF TOER – ‘n REIS VOL HERINNERINGE

Elke jaar sien Hoërskool Jim Fouché se leerders uit na die JF-toer wat jaarliks in die September-/Oktobervakansie plaasvind, maar wat maak die toer so opwindend dat die leerders nie kan wag om op die bus te klim en in die pad te val nie?

Oester KAF Oct 29, 2025

Ligte, Kameras, Jim Fouché!

Wat het Leon Schuster, Brendan Peyper en nou ook – Chrizaan Raath – gemeen? Hulle is almal bekende gesigte in die vermaakbedryf, en almal was in JF! Ja nee, ons het geen tekort aan uitvoerprodukte nie.

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."