JF OESTER

SA SKOLE PLUIMBAL

May 27, 2025

Berig Deur Karli Botha

JF het weer gewys wat in hulle steek tydens die jaarlikse Pluimbal SA Skoletoernooi wat vanaf 26 – 30 April 2025 in Durban gehou is. Die atmosfeer was elektries soos wat die spanne mekaar aangemoedig het, en almal het goeie sportmanskap getoon.

Die span, wat bestaan uit vier dogters en vier seuns, het uitstekend gespeel, en daar was nie ’n enkele wedstryd waar hulle nie hulle alles gegee het nie. Die kompetisie was baie sterk, en ons kan met trots sê dat beide die seuns en die dogters ’n 4de plek behaal het. Soos verwag, was JF ook genomineer as een van die skole met die beste gees, maar dit was Hoërskool Alberton wat met die geesbeker huis toe is.

Ná die SA Skoletoernooi, het die Ope Toernooi gevolg, waar Christiaan Botha as die vierde beste enkelspeler aangewys is.
Ná die afsluitingseremonie is daar ook ’n “Fun Awards” gehou. Ons JF-leerders was vir verskeie van hierdie toekennings genomineer en het ook van hierdie toekennings gewen.

Baie geluk aan hierdie leerders wat JF se naam hoog gehou het!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.