JF OESTER

SA SKOLE PLUIMBAL

May 27, 2025

Berig Deur Karli Botha

JF het weer gewys wat in hulle steek tydens die jaarlikse Pluimbal SA Skoletoernooi wat vanaf 26 – 30 April 2025 in Durban gehou is. Die atmosfeer was elektries soos wat die spanne mekaar aangemoedig het, en almal het goeie sportmanskap getoon.

Die span, wat bestaan uit vier dogters en vier seuns, het uitstekend gespeel, en daar was nie ’n enkele wedstryd waar hulle nie hulle alles gegee het nie. Die kompetisie was baie sterk, en ons kan met trots sê dat beide die seuns en die dogters ’n 4de plek behaal het. Soos verwag, was JF ook genomineer as een van die skole met die beste gees, maar dit was Hoërskool Alberton wat met die geesbeker huis toe is.

Ná die SA Skoletoernooi, het die Ope Toernooi gevolg, waar Christiaan Botha as die vierde beste enkelspeler aangewys is.
Ná die afsluitingseremonie is daar ook ’n “Fun Awards” gehou. Ons JF-leerders was vir verskeie van hierdie toekennings genomineer en het ook van hierdie toekennings gewen.

Baie geluk aan hierdie leerders wat JF se naam hoog gehou het!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.