JF OESTER

Mik ’n Rol!

May 15, 2025

Rolbal is ’n sport wat baie onderskat word. Soos enige ander sport verg dit konsentrasie en koördinasie; jy moet nog steeds teenoor die ander deelnemers respek betoon en dan, soos enige sport maar is, is dit kompeterend.

Vier van ons Hoërskool Jim Fouché-leerders het van 29 tot 31 Maart aan ’n nasionale rolbalkompetisie deelgeneem. Om jou ’n idee te gee – daar was ongeveer 400 deelnemers van oud na jonk. Dit is die eerste keer dat ’n junior span (Die o.18 Suid-Vrystaatspan) ’n goue medalje kry. Merkwaardig is dat drie van daardie span Jim Fouché-leerders is, nl. Karli Botha, Christiaan Botha en Jayden Jansen van Vuuren. Hulle het 18-16 teen die Gauteng-Noord span gewen, wat vir die goud gesorg het. Dit was Jayden se eerste nasionale kompetisie as deel van die o. 18-span, terwyl hy nou eers 15 is. Karli is ook aangewys as een van die 10 beste o. 18-deelnemers vir die geleentheid. Die o. 15 Suid-Vrystaatspan, waarvan Xander Nikolov (ook ‘n JF-leerder) deel was, het ’n silwer medalje gekry.

Hoogtepunte vir die leerders het ingesluit toe hulle die semi-finaal teen Sedibeng gewen het, en om die finaal (teen Gauteng-Noord) te wen.

Maar met alle hoogtepunte, kom daar ook struikelblokke. Vir die onder 15’s was dit omdat hulle twee uit sewe wedstryde verloor het, wat hulle uiteindelik die goue medalje gekos het. Vir die onder 18’s was dit die feit dat hulle nie baie saam geoefen het as ’n span nie, wat veroorsaak het dat hulle nie mekaar se sterk en swak punte so goed ken soos wat mens eintlik op hierdie vlak wil nie. Dan was daar ook die onweer wat die bane nat gemaak het en die rol van die balle beïnvloed het.

Die o/18’s sê dat hulle nou sal moet aanhou saam oefen om weer volgende jaar so goed te doen. Boonop gaan hulle vir Christiaan moet vervang, aangesien hy volgende jaar te oud gaan wees vir die o. 18-span en by die o. 25-span gaan moet aansluit.

Die o. 15’s se mikpunt is om nou –  soos die o. 18’s – harder te oefen en aan meer wedstryde deel te neem sodat hulle volgende keer ook die beker huis toe kan bring.

Vir nuwe rolbalspelers het hierdie klomp talle goeie advies. Moenie ongelukkig word as jy vir die eerste keer sukkel nie; dit vat ‘n goeie rolbalspeler minstens vier tot vyf jaar om ’n kompetisie te wen, hou net aan oefen. Jy sal meer verloor as wen, maar hou moed en wees wakker, want jy leer meer uit kere wanneer jy verloor as uit dié kere wat jy wen. As iemand jou raad gee, vat dit, want onthou: Jy leer ook nog. Die belangrikste: Moet vir seker nie na diegene luister wat vir jou sê dat dit ontmoontlik is nie!

 

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.