Die kwartaal mag dalk chaoties wees, die huiswerk mag dalk ophoop en die moegheid mag intree… maar op 13 Februarie het Jim Fouché se leerders gewys dat niks hul gees kan breek nie!
JF Got Talent: ’n Aand van Sterre, Skouspel en Skitterende Geraas!
Op 27 Februarie het Hoërskool JF se saal gegons van afwagting, energie en natuurlik – ongekende talent!
Anton van Wyk Koshuis: ‘n Huis Weg van die Huis
In die bruisende wêreld van die Anton van Wyk Koshuis is daar ‘n nuwe paartjie wat die hartklop van die huis vorm – oom Neels en tannie Lea Lubbe. Hulle is nie net koshuisouers nie, maar ook mentors, raadgewers en die stewige anker vir menigte leerders wat ver van hul eie huise af is.
WELKOM TERUG JF
Die skooljaar het uiteindelik begin en daar lê hope avonture voor jou uitgestrek. Daar gaan wel struikelblokke oor jou pad kom, maar met jou JF-familie agter jou gaan niks jou kan keer om die jaar voluit aan te pak nie.
Oppie Tong Af Nasionaal
Vanaf 3 tot 5 Oktober het die Oppie Tong Af Nasionale Redenaars kompetisie plaasgevind. JF het 5 leerders gehad wat gekwalifiseer het vir hierdie rondte, by Laerskool Rooikraal in Centurion, Pretoria.
SAAM TOT OP DIE LAASTE TREE: MATRIEKGROET SAAM MET HULLE OUERS
Daar is niks so hartseer soos jou gunstelling boek wat tot ‘n einde kom nie, óf dit nou ‘n gelukkige óf ‘n hartseer einde het, sal die vrees verewig saam met jou gaan tot dat jy daardie laaste bladsy omblaai en die boek uiteindelik moet sluit.
AFSKOP NA DIE TOEKOMS: MATRIEKS SE LAASTE DAG BY DIE SKOOL WORD GEVIER
Die einde van matriek is ‘n mylpaal wat harde werk en toewyding beloon. Dit sluit ‘n hoofstuk af en open die deure na nuwe geleenthede en uitdagings vir die toekoms.
‘n Aand van balkies en trofees – BAIE balkies en trofees!
JF se uitslae na ‘n jaar se harde werk.
JF Matriekafskeid: Meer as net ’n glansgeleentheid!
Óf jy nou ’n gr. 11-kelner, onderwyser, toeskouer of matriekleerder was, ek dink ons almal kan saamstem dat die matriekafskeid van 2024 werklik “The Greatest Show” was!
DIE VUUR VAN TROTS BRAND DIEP IN ONS HART
Dinge raak warm, kan jy dit voel? Wel, ék kan, want JF VAT VLAM! Op 14 September 2024 het JF ’n opelugkuiergeleentheid en -sokkie gehou met lewendige vermaak.










