JF OESTER

JF Got Talent: ’n Aand van Sterre, Skouspel en Skitterende Geraas!

Mar 5, 2025

Berig Deur Melanie Slabbert

Op 27 Februarie het Hoërskool JF se saal gegons van afwagting, energie en natuurlik –  ongekende talent! Die aand het tradisioneel afgeskop met Sweet Caroline, want wat is ’n JF-geleentheid sonder hierdie geesdriftige lied? Soos altyd is meneer Wilken met ’n tikkie dramatiese flair van die verhoog begelei, en toe het die talent losgebars!

Met Brendan Peyper, Gerhard Steyn en Appel as gaskunstenaars, was die gehoor behoorlik op hol.  Dit was egter ‘n besonderse oomblik toe Brendan Peyper – ‘n oud-JF-leerder en voormalige JF’s Got Talent-wenner – terugkeer na sy wortels en sy splinternuwe treffer KYK vir die gehoor sing. Toe hy tussen die leerders in die saal beweeg, was daar net een woord om die atmosfeer te beskryf: histeries!! Maar dié histerie het nie daar gestop nie … Die JF-leerders was nie tevrede met net een ster op die verhoog nie — hulle wou ’n hele sterreparade hê! Appel en Gerhard Steyn was danksy die aansteeklike gees van die leerders, wat hul name uit volle bors geskree het, ook binne oomblikke op die verhoog en het spontaan bygedra tot die bulderende JF-gees.  Dit was ’n aand van verrassing, vermaak en ongelooflike optredes.

Die tema “Boer soek ’n vrou” is met styl uitgeleef deur JP (onderhoofseun) en die seremoniemeester “oom” Du Preez Stoltz, wat in hul two-tone hemde en vellies vir die perfekte gasheerduo gesorg het.

Van musiekinstrumente en energieke danspassies tot solosang en groepitems – JF se talent het weer gewys hoekom ons skool ’n broeiplek vir sterre is!

En toe kom die groot oomblik: die wenners! Eerste plek: Die band “Geraas” – en ja, hulle naam sê alles! Die broers, Brendon en Jason Nel, saam met Vian Willemse, het met hul kitare en dromme ‘n klankgolf van talent deur die saal gestuur en almal se voete laat jeuk.

Tweede plek (’n gelykopstryd!):

Inge Stoltz en Khanyisile Zwane, wie se stemkrag die gehoor asemloos gelaat het.

Derde plek: Die Makkers, wat met hul super-hip danspassies die verhoog behoorlik laat kraak het.

Elke deelnemer het ‘n stukkie van hul siel op die verhoog gelos, en vir JF is elkeen van die deelnemers reeds ‘n wenner! Hierdie aand het nie net talent gevier nie, maar ook bewys dat groot drome hier begin.

JF’s Got Talent? Ongetwyfeld! Tot volgende jaar – en dalk sien ons dan nog ‘n toekomstige superster op ons eie verhoog!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Nuus Nov 28, 2025

JF TOER – ‘n REIS VOL HERINNERINGE

Elke jaar sien Hoërskool Jim Fouché se leerders uit na die JF-toer wat jaarliks in die September-/Oktobervakansie plaasvind, maar wat maak die toer so opwindend dat die leerders nie kan wag om op die bus te klim en in die pad te val nie?

Oester KAF Oct 29, 2025

Ligte, Kameras, Jim Fouché!

Wat het Leon Schuster, Brendan Peyper en nou ook – Chrizaan Raath – gemeen? Hulle is almal bekende gesigte in die vermaakbedryf, en almal was in JF! Ja nee, ons het geen tekort aan uitvoerprodukte nie.

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."