JF OESTER

JF Got Talent: ’n Aand van Sterre, Skouspel en Skitterende Geraas!

Mar 5, 2025

Berig Deur Melanie Slabbert

Op 27 Februarie het Hoërskool JF se saal gegons van afwagting, energie en natuurlik –  ongekende talent! Die aand het tradisioneel afgeskop met Sweet Caroline, want wat is ’n JF-geleentheid sonder hierdie geesdriftige lied? Soos altyd is meneer Wilken met ’n tikkie dramatiese flair van die verhoog begelei, en toe het die talent losgebars!

Met Brendan Peyper, Gerhard Steyn en Appel as gaskunstenaars, was die gehoor behoorlik op hol.  Dit was egter ‘n besonderse oomblik toe Brendan Peyper – ‘n oud-JF-leerder en voormalige JF’s Got Talent-wenner – terugkeer na sy wortels en sy splinternuwe treffer KYK vir die gehoor sing. Toe hy tussen die leerders in die saal beweeg, was daar net een woord om die atmosfeer te beskryf: histeries!! Maar dié histerie het nie daar gestop nie … Die JF-leerders was nie tevrede met net een ster op die verhoog nie — hulle wou ’n hele sterreparade hê! Appel en Gerhard Steyn was danksy die aansteeklike gees van die leerders, wat hul name uit volle bors geskree het, ook binne oomblikke op die verhoog en het spontaan bygedra tot die bulderende JF-gees.  Dit was ’n aand van verrassing, vermaak en ongelooflike optredes.

Die tema “Boer soek ’n vrou” is met styl uitgeleef deur JP (onderhoofseun) en die seremoniemeester “oom” Du Preez Stoltz, wat in hul two-tone hemde en vellies vir die perfekte gasheerduo gesorg het.

Van musiekinstrumente en energieke danspassies tot solosang en groepitems – JF se talent het weer gewys hoekom ons skool ’n broeiplek vir sterre is!

En toe kom die groot oomblik: die wenners! Eerste plek: Die band “Geraas” – en ja, hulle naam sê alles! Die broers, Brendon en Jason Nel, saam met Vian Willemse, het met hul kitare en dromme ‘n klankgolf van talent deur die saal gestuur en almal se voete laat jeuk.

Tweede plek (’n gelykopstryd!):

Inge Stoltz en Khanyisile Zwane, wie se stemkrag die gehoor asemloos gelaat het.

Derde plek: Die Makkers, wat met hul super-hip danspassies die verhoog behoorlik laat kraak het.

Elke deelnemer het ‘n stukkie van hul siel op die verhoog gelos, en vir JF is elkeen van die deelnemers reeds ‘n wenner! Hierdie aand het nie net talent gevier nie, maar ook bewys dat groot drome hier begin.

JF’s Got Talent? Ongetwyfeld! Tot volgende jaar – en dalk sien ons dan nog ‘n toekomstige superster op ons eie verhoog!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.