JF OESTER

SAAM TOT OP DIE LAASTE TREE: MATRIEKGROET SAAM MET HULLE OUERS

Oct 24, 2024

Berig Deur Adele Pienaar

Daar is niks so hartseer soos jou gunstelling boek wat tot ‘n einde kom nie, óf dit nou ‘n gelukkige óf ‘n hartseer einde het, sal die vrees verewig saam met jou gaan tot dat jy daardie laaste bladsy omblaai en die boek uiteindelik moet sluit.

Op 8 Oktober 2024, het die matrieks totsiens gesê vir hulle skool saam met hulle ouers. ‘n Spog geleentheid wat soos nog nooit tevore geskep was nie, met die matrieks wat kan aanvoel dat hulle nou na 18 jaar die dag kry waarvoor hulle gewag het, die dag wat hulle kan voel soos jong volwasse mans en dames. Die ondersteuning en stywe drukkies van onderwysers wat saam met hulle ‘n paadjie geloop het hierdie jaar, wat deur dik en dun by hulle gestaan het, ekstra klasse aangebied het en selfs in ‘n af-periode sommer net lekker kon sit en gesels, het die matrieks behoorlik laat krokkediltrane huil.

Meneer Kobus de Wet, die adjunkhoof van die skool, het geopen uit Prediker 3:1-3. Dit het mooi aangesluit by die hooftema van die aand wat sê daar is ‘n tyd vir alles.

Janke van Staden, die hoofmeisie van 2014, se toespraak met haar ongewone metafore wat sy gebruik het om die lewe as ‘n braaibroodjie te beskryf, waar elke item op die broodjie iets anders in die lewe verteenwoordig het, het soveel matrieks geïnspireer voordat hulle in die “grootmenswêreld” moet intree.

Die klein seremonie wat in die saal gehou is, waar die matrieks kerse moes aansteek en laat brand, het die ouers trane in hulle oë gegee. Toe die matrieks die kersies moes uitblaas, het dit ‘n leemte gelos in hulle harte wat slegs JF oor en oor sal kan vul. Die kers wat aangesteek was, het die begin van hulle skoolloopbaan verteenwoordig en die uitblaas van die kersie, die einde.

Sulke eenvoudige woord “dankie” kan soms moeilik wees vir ons as kinders om te sê vir ons ouers, maar die matrieks het dit reggekry om behoorlik dankie te sê vir hulle ouers, vir elke koppie koffie of tee wat hulle ouers aangdra het wanneer hulle die middernag olie moes brand, vir elke rondry na sport, kultuur of Donderdae aande se JFFJ. Om die aand op ‘n hoogtepunt af te sluit het die matrieks ‘n erewag gehou vir hulle ouers. Trane het gerol oor die matrieks oor hulle ouers se wange en dit het slegs een ding beteken…

Hierdie is nou die einde.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Jan 22, 2026

2026: Hier gaat ons al weer!

"Dit begin baie rustig en dit eindig baie rof; jy moet huil in die middel en dan moet jy ontplof!” En dit is, in die woorde van Robbie Wessels, hoe dié jaar hier by Hoërskool Jim Fouché begin!

Oester KAF Jan 15, 2026

Deur die lens: JP Crous

Daar is baie min woorde wat kan beskryf hoe dit voel wanneer die Here jou in ’n posisie plaas wat mense gesê het jy nie sal kan doen nie!

Oester Nuus Nov 28, 2025

JF TOER – ‘n REIS VOL HERINNERINGE

Elke jaar sien Hoërskool Jim Fouché se leerders uit na die JF-toer wat jaarliks in die September-/Oktobervakansie plaasvind, maar wat maak die toer so opwindend dat die leerders nie kan wag om op die bus te klim en in die pad te val nie?