JF OESTER

AFSKOP NA DIE TOEKOMS: MATRIEKS SE LAASTE DAG BY DIE SKOOL WORD GEVIER

Oct 22, 2024

Berig Deur Adele Pienaar

Die einde van matriek is ‘n mylpaal wat harde werk en toewyding beloon. Dit sluit ‘n hoofstuk af en open die deure na nuwe geleenthede en uitdagings vir die toekoms.

Die einde van matriek, dit klink so onwerklik om te sê, baie van die matrieks sal saam stem.

Op Vrydag, 11 Oktober 2024 het die matrieks hulle laaste toetsiens gesê vir die skool. Hulle het gemengde gevoelens ervaar oor hoe hulle moet voel, moet hulle nou hartseer wees dat hierdie miskien hulle laaste tydjie saam met hulle vriende is, of moet hulle gelukkig wees oor die feit dat hulle nou uiteindelik na 12 jaar klaar is met skool.

Trane wat rol oor al die onderwysers en ouers se wange, en selfs oor dié van die leerders, al het julle nie ‘n noueband gehad met sommige matrieks nie. Die graad 8’s van 2024 het ‘n konneksie gehad met die matrieks, hulle matrieks.

Meneer Wilken en die 4 hoofleiers van 2024, het seker gemaak dat elke leerder wat binne of buite die saal gesit het, gelaat was met ‘n positiewe boodskap. Óf dit nou Meneer Wilken se boodskap was en óf dit die liedjie, “YOU SAY” was, het die meerderheid van die leerders gesukkel om goed te sien, soos die trane hulle oë vul.
Elke oomblik saam met die matrieks was spesiaal gewees hierdie jaar, al het jy nie hulle geken nie, het dit gevoel met hierdie laaste saal asof jy het.

Hier is ‘n klein boodskappie aan al die matrieks:

Wees wie jy is, doen wat jy wil doen en leef jou lewe voluit. Onthou altyd dat daar niks in jou pad staan tot sukses behalwe jyself nie.

En met hierdie laaste woorde, matrieks van 2024, ons groet jou, maar ons sal jou nooit vergeet nie!

Berig Deur: Adele Pienaar

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.