JF OESTER

‘n Aand van balkies en trofees – BAIE balkies en trofees!

Oct 22, 2024

JF se uitslae na ‘n jaar se harde werk

Een van die formeelste byeenskomste van JF is die prysuitdeling. Waar jy die heeltyd herinner word aan; “Stap in ‘n reguit ry!”, “Moenie so kromrug staan nie, staan regop!”, “Fokus hier, mense.”, en dan natuurlik die een wat ons almal ken; “Ag, glimlag tog vir die kamera, Mamma se liefiekind!”

En dan met al die onverwagte mislukkings wat kan gebeur, soos wanneer Meneer dalk jou naam verkeerd uitspreek! Dan is jy dalk Dan-ne-liez-y, met die Engelse aksent, inplaas van Dan-ne-lieze. Of wanneer jy by die verhoog opstap en gly op die trappe, ‘n onverwagte kragonderbreking of iets wat onvergeetlike sal wees: ‘n vlieg wat in meneer Wilken se mond invlieg terwyl hy die aand aankondig!

Darem is al hierdie spanning vinnig verlig met Filipense 4:13 wat sê; “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee”. Alles het reg in plek geval, net soos dit moes. Behalwe vir ‘n paar blonde oomblikke, waar die graadagts en -neges te vroeg van die verhoog af wou afstap, was dit ‘n besonderse aand waar ons die vrugte van al ons harde werk deur die jaar kon pluk.

Met dié fantastiese uitslae, kan ons beslis sê dat die Here ons met voorspoed geseën het! En dit is beslis bewys deur Christian Strydom, wat ‘n gemiddeld van 88,2% gekry het en Elseri Venter, wat ‘n gemiddeld van 94,0% gekry het. Elseri Venter is ook aangekondig as die leerling met die hoogste gemiddeld in matriek oor die afgelope jaar se drie eksamens.

Nie net is die akademiese toekennings toegeken nie, maar 2025 se hoof- en onderhoofseun en hoof- en onderhoofdogter is ook bekend gemaak.

Alle eer word aan God gegee vir hierdie wonderlike jaar wat die Jeremia 29:11 baie goed uitbeeld, “Want Ek weet watter planne Ek vir jou het, spreek die HERE, planne om jou voorspoedig te maak en jou nie kwaad aan te doen nie, planne om jou hoop en ‘n toekoms te gee”.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.