JF OESTER

JF se Pretgala: Chaos, Kleur en Klipharde Gees!

Mar 17, 2025

Berig Deur Lisa Botha

Die kwartaal mag dalk chaoties wees, die huiswerk mag dalk ophoop en die moegheid mag intree… maar op 13 Februarie het Jim Fouché se leerders gewys dat niks hul gees kan breek nie! In groot getalle het hulle opgedaag – nie net om te kyk nie, maar om voluit deel te neem en die pawiljoen te laat lewe. Elke graad het ’n ander kleur gedra, en saam het dit soos ‘n reuse-reënboog gelyk, propvol energie en opwinding.

Die swembaduitdaging? Absolute chaos – en ons het dit GELIEF! Swemmers moes ’n pool noodle tussen hul bene vasknyp terwyl hulle in hul stylvolle swartsak-uitrustings die swembad aangedurf het. Dit was ‘n klaspanuitdaging soos min, met gelag, gespartel en ’n paar onbedoelde duike in die water!

Tussen al die gespartel van leerders het dié wat slegs vir geesbou gekom het, nie dié aand weggestap sonder dat hulle ’n nat kol iewers op hul klere gehad het nie. Vanaf  al die Geronimo se dansery, asook die rasies wat die kinders nie n sekonde laat sit het nie – het al die leerders aangegaan asof hulle kon dans en sing sonder rus. Dít is was ons skool so spesiaal maak.

Die beste deel van dié geleentheid? Al was almal moeg en die kwartaal besig, het die JF-gees steeds deurgekom. Skreeuend, dansend en 100% wild, het leerders gewys hoekom ons skool die beste is. As dit is hoe ons ’n besige kwartaal oorleef, dan kan ons net sê:  Intergala 2025? Bring dit!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.