JF OESTER

Eksamen by Hoërskool Jim Fouché: Jou Kans om te Skitter!

May 29, 2026

Berig Deur Rizé Bierman
Die Junie-eksamen is om die draai – daardie tyd van die kwartaal waar potlode skerp gemaak word, boeke oopgevou word en breine begin vonke spat! Vir sommige is dit ’n stresvolle tyd, vir ander ’n kans om te wys wat regtig in hulle steek. Maar hier by Hoërskool Jim Fouché weet ons een ding vir seker: Ons gee nooit op nie!

’n Eksamen is nie net ’n uitdaging nie – dit is ’n geleentheid!
Elke toets of eksamenvraestel is soos ’n kompetisie – jy is die atleet, en jou brein is jou grootste wapen. Soos ’n sportwedstryd vra dit voorbereiding, fokus en deursettingsvermoë. Jy het die afgelope weke hard gewerk, en nou is dit tyd om jou kennis in te span en te wys jy is in beheer.

Dink daaraan: Elke regte antwoord is ’n oorwinning, elke goed beplande studietyd is ’n belegging in jouself. Moenie jouself met ander vergelyk nie – jou grootste kompetisie is die jy van gister! As jy vandag net ’n bietjie beter is as gister, wén jy.

Hoe oorwin jy toetse en eksamens soos ’n ware JF-leerder?
• Beplan slim
• Bly positief
• Rus en eet reg
• Hou die einddoel in gedagte

Wanneer jy daardie laaste punt op jou vraestel sit, onthou: Jy het jou beste gegee. En maak nie saak wat jou uitslag is nie, daar is altyd ’n volgende kans om te groei en te verbeter. Lojaliteit aan jouself beteken om nie op te gee nie.
So pak die toetsreeks aan in ware JF-styl. Jy KAN!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.