Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.
Tydens dié geleentheid is al die eerste spanne amptelik aan die leerders, personeel en borge bekendgestel. Die spelers het met trots hul eerstespandrag gedra, terwyl die hele saal gegons het van gees en ondersteuning.
Elke span het die verantwoordelikheid en eer gehad om JF se naam met trots uit te leef.
Op dié dag is nie net die skool se verjaarsdag gevier nie, maar ook die eenheid waarvoor JF
bekendstaan. Die atmosfeer was elektries as gevolg van die spanning en opbou na die groot Classic Clash-naweek teen Sentraal, waar passie, deursettingsvermoë en lojaliteit op en langs die veld sigbaar was.
Die Big Brag het opnuut bewys dat JF meer as net ’n skool is; dit is ’n familie waar tradisie, sportmangees en trots diep gewortel lê.



0 Comments