JF OESTER

Gelykop

May 25, 2026

Berig Deur Diaan Liebenberg

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie. As jy dink waar ons skaak ’n paar jaar gelede was, teenoor waar dit vandag is, is dit egter iets om gevier te word!

Die skaakleerders is vriendelik deur Sentraal verwelkom, en elke speler het vier rondtes gespeel. Elke spel was intimiderend en intens: Sentraal wen een spel; JF wen een spel.

Na vele spanningsvolle ure, waartydens gedink is dat rook byna by ons ore uitgetrek het, was die uitslae soos volg:

  • D-span: 8½ vir JF
  • C-span: 8½ vir Sentraal
  • JF se B-span: gelykop
  • JF se eerste span: gelykop
  • JF en Sentraal het dus gelykop gespeel! (As jy tot hier gelees het en dit nog nie geweet het nie.)

Wat hierdie uitslae werklik merkwaardig maak, is dat Sentraal nog altyd vir JF gewen het, en dit is nou die eerste keer in jare dat ons ook die trofee huis toe kan bring (al is dit ook nou net vir ses maande)!

JF se toekoms in skaak lyk belowend!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.