JF OESTER

JF se Beste Paartjies!

Feb 14, 2025

Berig Deur Liechen Willemse

Hierdie week by JF is liefde in die lug! Daarom het die JF-gemeenskap gestem vir hul drie gunstelingpaartjies.

 

Nommer 1: Die “Upcoming Couple” – Qian Moller en Sadé Fourie.

Hulle is beide matriekleerders en die liefde borrel tussen hulle. Toe hulle gevra is wie meer geneig is om Valentynsdag te vergeet, het albei het soos ’n koor geantwoord dat dit sal Qian wees. Dis eintlik ironies, want die een wat klaarblyklik die romantiesste is, is óók Qian. (Ons sal nou maar wag om te sien watter romantiese streke Qian het om Sadé se knieë vandag lam te maak.) Hulle is ook gevra wat die wenresep vir hoërskoolverhoudings is, waarop albei uit een mond geantwoord het: “Kommunikasie!”

Nommer 2: ’n Amptelike paartjie – Janah Swarts en Wihan Coertzen.

Janah en  Wihan is nou al tien maande lank in ’n verhouding. Hulle wenresep? Ook kommunikasie! Kommunikasievaardighede is vir albei van hulle baie belangrik. Wihan het dit óók baie duidelik gemaak dat dit belangrik is om betyds op te daag vir ’n afspraak. Janah en Wihan sal nie hul lewens sonder mekaar kan indink nie. “Janah vorm teen hierdie tyd ’n hoeksteen in my lewe. Ek is al só gewoond aan haar daaglikse geselskap, dit sal byna onmoontlik vir my wees om haar uit my prentjie te haal,” sê Wihan. Janah het die volgende te sê: “Ek voel Wihan is iemand wat my ondersteun, my beste vriend is en saam met my groei in my verhouding met Jesus. Om die toekoms saam met hom aan te pak sal ‘n voorreg wees.”

Nommer 3: Die Skoolliefdes – Elanelle Strydom en Rico Kellerman.

Elanelle en Rico se liefdesogies is sigbaar van ’n myl af, en hul liefde en toewyding aan mekaar is iets waarna enige enkellopende kan opkyk. Hulle is al vyf jaar lank in ’n verhouding, en dít wil gedoen word! Elanelle en Rico se wenresep vir hoërskoolverhoudings is “oop en eerlike kommunikasie.” Jy kan maar gerus hul raad volg, want duidelik weet hulle waarvan hulle praat as hul nou al vir vyf jaar saam is!

Na dié gesprekke is dit duidelik dat goeie kommunikasie ’n suksesvolle verhouding kan verseker, of dit nou romanties, vriendskaplik óf professioneel is.

Mag elke paartjie ’n wonderlike JF-Valentynsdag hê.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.