JF OESTER

JF se Beste Paartjies!

Feb 14, 2025

Berig Deur Liechen Willemse

Hierdie week by JF is liefde in die lug! Daarom het die JF-gemeenskap gestem vir hul drie gunstelingpaartjies.

 

Nommer 1: Die “Upcoming Couple” – Qian Moller en Sadé Fourie.

Hulle is beide matriekleerders en die liefde borrel tussen hulle. Toe hulle gevra is wie meer geneig is om Valentynsdag te vergeet, het albei het soos ’n koor geantwoord dat dit sal Qian wees. Dis eintlik ironies, want die een wat klaarblyklik die romantiesste is, is óók Qian. (Ons sal nou maar wag om te sien watter romantiese streke Qian het om Sadé se knieë vandag lam te maak.) Hulle is ook gevra wat die wenresep vir hoërskoolverhoudings is, waarop albei uit een mond geantwoord het: “Kommunikasie!”

Nommer 2: ’n Amptelike paartjie – Janah Swarts en Wihan Coertzen.

Janah en  Wihan is nou al tien maande lank in ’n verhouding. Hulle wenresep? Ook kommunikasie! Kommunikasievaardighede is vir albei van hulle baie belangrik. Wihan het dit óók baie duidelik gemaak dat dit belangrik is om betyds op te daag vir ’n afspraak. Janah en Wihan sal nie hul lewens sonder mekaar kan indink nie. “Janah vorm teen hierdie tyd ’n hoeksteen in my lewe. Ek is al só gewoond aan haar daaglikse geselskap, dit sal byna onmoontlik vir my wees om haar uit my prentjie te haal,” sê Wihan. Janah het die volgende te sê: “Ek voel Wihan is iemand wat my ondersteun, my beste vriend is en saam met my groei in my verhouding met Jesus. Om die toekoms saam met hom aan te pak sal ‘n voorreg wees.”

Nommer 3: Die Skoolliefdes – Elanelle Strydom en Rico Kellerman.

Elanelle en Rico se liefdesogies is sigbaar van ’n myl af, en hul liefde en toewyding aan mekaar is iets waarna enige enkellopende kan opkyk. Hulle is al vyf jaar lank in ’n verhouding, en dít wil gedoen word! Elanelle en Rico se wenresep vir hoërskoolverhoudings is “oop en eerlike kommunikasie.” Jy kan maar gerus hul raad volg, want duidelik weet hulle waarvan hulle praat as hul nou al vir vyf jaar saam is!

Na dié gesprekke is dit duidelik dat goeie kommunikasie ’n suksesvolle verhouding kan verseker, of dit nou romanties, vriendskaplik óf professioneel is.

Mag elke paartjie ’n wonderlike JF-Valentynsdag hê.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.