JF OESTER

Skaak: Sport of nie?

Mar 1, 2022

Berig Deur JF Oester

Ongeveer 1500 jaar gelede het hierdie unieke sportsoort in Chaturanga ontstaan. Skaak is egter eers in 2000 as ‘n amptelike sport deur die Internasionale Olimpiese Komitee erken. Tog word dit steeds nie deur almal in die wêreld as ‘n sport beskou nie, aangesien jy nie atletiese vermoëns benodig om daaraan deel te neem nie.

Hier volg redes waarom ons skaak wel as ‘n sport kan beskou:

  • As jy skaak speel, kompeteer jy. Net soos in enige ander sport is jou einddoelwit om te wen. Gedurende die spel gebruik jy strategieë om jouself in ‘n beter posisie te plaas sodat jy uiteindelik jou opponent in ‘n hoek kan druk.
  • Skaak bestaan uit reëls. By skaak is sekere regulasies in plek om onregverdigheid te keer. By rugby kry diegene wat die reëls oortree, strafkaarte. In skaak word dit waarskuwings genoem. Nadat jy drie waarskuwings gekry het, word jy gediskwalifiseer, wat parallel is daaraan om by ander sporte van die veld of baan gestuur te word.
  • Skaak vereis wel fisiese gesondheid, oftewel kognitiewe uithouvermoë. Skaakspelers moet in staat wees om tot en met 7 ure aaneen te kan konsentreer. As gevolg van al die spanning kan ‘n speler se bloeddruk, polsslag en asemhaling toeneem. Die speler moet dus fisies gesond wees om te kan konsentreer en om hartaanvalle en beroertes te vermy.
  • Skaak vereis ook emosionele gesondheid. As jy op die veld uitdraf, moet jou kop reg wees. So ook in skaak. Sonder die regte mentaliteit, en emosionele gesondheid, sal jy selde sukses kan behaal.
  • Skaak akkommodeer almal. Net soos mense met fisiese gestremdhede aan verskeie sportsoorte kan deelneem, is skaak soms selfs meer toeganklik. Mense met sig- of gehoorgestremdhede, en selfs diegene wat aan ‘n siekte soos motorneuronsiekte ly, kan hieraan deelneem.

Die bogenoemde feite is slegs ‘n paar redes hoekom skaak as ‘n sport beskou word. Kom ons ondersteun hierdie sportsoort wat deure oopmaak vir diegene wat nie noodwendig in ‘n rugbytrui of nebalrokkie wil uitdraf nie.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.