JF OESTER

Skaak: Sport of nie?

Mar 1, 2022

Berig Deur JF Oester

Ongeveer 1500 jaar gelede het hierdie unieke sportsoort in Chaturanga ontstaan. Skaak is egter eers in 2000 as ‘n amptelike sport deur die Internasionale Olimpiese Komitee erken. Tog word dit steeds nie deur almal in die wêreld as ‘n sport beskou nie, aangesien jy nie atletiese vermoëns benodig om daaraan deel te neem nie.

Hier volg redes waarom ons skaak wel as ‘n sport kan beskou:

  • As jy skaak speel, kompeteer jy. Net soos in enige ander sport is jou einddoelwit om te wen. Gedurende die spel gebruik jy strategieë om jouself in ‘n beter posisie te plaas sodat jy uiteindelik jou opponent in ‘n hoek kan druk.
  • Skaak bestaan uit reëls. By skaak is sekere regulasies in plek om onregverdigheid te keer. By rugby kry diegene wat die reëls oortree, strafkaarte. In skaak word dit waarskuwings genoem. Nadat jy drie waarskuwings gekry het, word jy gediskwalifiseer, wat parallel is daaraan om by ander sporte van die veld of baan gestuur te word.
  • Skaak vereis wel fisiese gesondheid, oftewel kognitiewe uithouvermoë. Skaakspelers moet in staat wees om tot en met 7 ure aaneen te kan konsentreer. As gevolg van al die spanning kan ‘n speler se bloeddruk, polsslag en asemhaling toeneem. Die speler moet dus fisies gesond wees om te kan konsentreer en om hartaanvalle en beroertes te vermy.
  • Skaak vereis ook emosionele gesondheid. As jy op die veld uitdraf, moet jou kop reg wees. So ook in skaak. Sonder die regte mentaliteit, en emosionele gesondheid, sal jy selde sukses kan behaal.
  • Skaak akkommodeer almal. Net soos mense met fisiese gestremdhede aan verskeie sportsoorte kan deelneem, is skaak soms selfs meer toeganklik. Mense met sig- of gehoorgestremdhede, en selfs diegene wat aan ‘n siekte soos motorneuronsiekte ly, kan hieraan deelneem.

Die bogenoemde feite is slegs ‘n paar redes hoekom skaak as ‘n sport beskou word. Kom ons ondersteun hierdie sportsoort wat deure oopmaak vir diegene wat nie noodwendig in ‘n rugbytrui of nebalrokkie wil uitdraf nie.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.