JF OESTER

Uitsonderlike matrikulante word vereer

Oct 17, 2023

Berig Deur JF Oester

Die Universiteit van die Vrystaat en Netwerk 24/Volksblad se 42ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie is dié jaar deur nie minder nie as viér JF-leerders verteenwoordig.

Lohani Saaiman en Larisca Labuschagne was baie verras om deel van die top 25 te wees, en baie dankbaar vir die lekker kontantpryse, asook vir die beurse wat hulle ontvang het. Vir Marlé van der Merwe en Renienke van Heerden wat onder die top 14 geëindig het, was dit ’n ongelooflike ervaring om nuwe mense te ontmoet en lewenslange vriende te maak.

Verskeie aktiwiteite het tydens hierdie kompetisie plaasgevind, soos die TeamBo Gameshow en Amazing Race, wat as hoogtepunte beskou word.  Verlede jaar se finaliste, wat as chaperones opgetree het, het hulle ook touwys gemaak oor wat hulle volgende jaar by Kovsies kan verwag. (As finalis is een van die vereistes dat jy by Kovsies moet gaan studeer.)

Volgens Renienke het al die deelnemers gesprankel, en daarom was sy baie verras om deur die ander deelnemers as die Vonkelpersoonlikheid van die kompetisie aangewys te word.

Al JF se deelnemers vertel hulle is deur ’n ouer, onderwyser of vriend aangemoedig om aan hierdie prestige kompetisie deel te neem, en almal was dit eens dat hulle niks het om te verloor nie, en dalk baie om te wen – en hulle was reg!

JF is trots op elkeen van julle!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.