JF OESTER

Uitsonderlike matrikulante word vereer

Oct 17, 2023

Berig Deur JF Oester

Die Universiteit van die Vrystaat en Netwerk 24/Volksblad se 42ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie is dié jaar deur nie minder nie as viér JF-leerders verteenwoordig.

Lohani Saaiman en Larisca Labuschagne was baie verras om deel van die top 25 te wees, en baie dankbaar vir die lekker kontantpryse, asook vir die beurse wat hulle ontvang het. Vir Marlé van der Merwe en Renienke van Heerden wat onder die top 14 geëindig het, was dit ’n ongelooflike ervaring om nuwe mense te ontmoet en lewenslange vriende te maak.

Verskeie aktiwiteite het tydens hierdie kompetisie plaasgevind, soos die TeamBo Gameshow en Amazing Race, wat as hoogtepunte beskou word.  Verlede jaar se finaliste, wat as chaperones opgetree het, het hulle ook touwys gemaak oor wat hulle volgende jaar by Kovsies kan verwag. (As finalis is een van die vereistes dat jy by Kovsies moet gaan studeer.)

Volgens Renienke het al die deelnemers gesprankel, en daarom was sy baie verras om deur die ander deelnemers as die Vonkelpersoonlikheid van die kompetisie aangewys te word.

Al JF se deelnemers vertel hulle is deur ’n ouer, onderwyser of vriend aangemoedig om aan hierdie prestige kompetisie deel te neem, en almal was dit eens dat hulle niks het om te verloor nie, en dalk baie om te wen – en hulle was reg!

JF is trots op elkeen van julle!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.