JF OESTER

Matrieks Skitter Op Rooitapyt

Oct 17, 2023

Berig Deur JF Oester

Soos die jaar tot ’n einde snel, snel die matrieks se skoolloopbaan ook tot ’n einde. En ná ’n jaar van harde werk het hulle uiteindelik op 6 Oktober 2023 in die vakansie hulle laaste hoera gevier. Hierdie jaar was die tema Coachella, wat, volgens juffrou Cherietha Wagener, hooforganiseerder van 2023 se matriekafskeid, ’n kleurfees impliseer, en was dit nou ’n kleurfiësta!

Die paartjies het al vanaf vieruur die middag in styl gearriveer en met hulle beeldskone uitrustings gespog. Terwyl hulle gewag het vir almal om hulle verskyning op die rooitapyt te maak, het hulle lekker gesmul aan heerlik vingerhappies vir voorgereg. Die baie indrukwekkende 360˚ -kamera was ’n groot verrassing, en die matrieks het nie teruggehou nie!

Nadat almal gearriveer het, het hulle in die saal inbeweeg, waar daar geopen is en ’n toespraak gelewer is deur mev. Anso Esterhuizen. Die dansvloer is geopen deur die hoofleiers en die matrieks het begin dans dat die biesies bewe! Die JF-Akkers het ook die kans aangegryp om ’n laaste impromptu-vertoning te lewer. Tussendeur die dansery is daar lekker geëet, en lekker roomysstokkies was die nagereg.

Hierdie aand was vol pret, plesier en dans, en dit was beslis een vir die boeke. Dit bly ’n wonderlike manier om die jaar af te sluit, en die graadtwaalfs sal hierdie spogaand definitief onthou.

JF wens hulle baie sterkte toe met die eindeksamen en hoop dat hulle hierdie laaste deeltjie van die jaar met moed sal aanpak!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.