JF OESTER

Matrieks Skitter Op Rooitapyt

Oct 17, 2023

Berig Deur JF Oester

Soos die jaar tot ’n einde snel, snel die matrieks se skoolloopbaan ook tot ’n einde. En ná ’n jaar van harde werk het hulle uiteindelik op 6 Oktober 2023 in die vakansie hulle laaste hoera gevier. Hierdie jaar was die tema Coachella, wat, volgens juffrou Cherietha Wagener, hooforganiseerder van 2023 se matriekafskeid, ’n kleurfees impliseer, en was dit nou ’n kleurfiësta!

Die paartjies het al vanaf vieruur die middag in styl gearriveer en met hulle beeldskone uitrustings gespog. Terwyl hulle gewag het vir almal om hulle verskyning op die rooitapyt te maak, het hulle lekker gesmul aan heerlik vingerhappies vir voorgereg. Die baie indrukwekkende 360˚ -kamera was ’n groot verrassing, en die matrieks het nie teruggehou nie!

Nadat almal gearriveer het, het hulle in die saal inbeweeg, waar daar geopen is en ’n toespraak gelewer is deur mev. Anso Esterhuizen. Die dansvloer is geopen deur die hoofleiers en die matrieks het begin dans dat die biesies bewe! Die JF-Akkers het ook die kans aangegryp om ’n laaste impromptu-vertoning te lewer. Tussendeur die dansery is daar lekker geëet, en lekker roomysstokkies was die nagereg.

Hierdie aand was vol pret, plesier en dans, en dit was beslis een vir die boeke. Dit bly ’n wonderlike manier om die jaar af te sluit, en die graadtwaalfs sal hierdie spogaand definitief onthou.

JF wens hulle baie sterkte toe met die eindeksamen en hoop dat hulle hierdie laaste deeltjie van die jaar met moed sal aanpak!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.