JF OESTER

JF vier 66 jaar van tradisie, trots en tydlose treffers

Jun 11, 2025

Berig Deur Liechen Willemse

Op 16 Mei 2025 het Hoërskool Jim Fouché sy 66ste bestaansjaar gevier – ’n dag én ’n week vol vreugde, eenheid en goeie ou JF-gees!

Die verjaarsdagvieringe was die hoogtepunt van ’n hele week van pret wat vol aktiwiteite, geesvang en saamwees was. Die skool se gange het gegons van opwinding en kameraderie – soos net JF dit kan doen.

Die Vrydagoggend is afgeskop met donuts vir almal – ’n bederf wat dadelik vir glimlagte gesorg het. Daarna het ons behoorlik losgetrek met ’n danskompetisie waar die wenpaar – Janeli Saaiman en Hanro Marais, beide matriekleerders – die skare bekoor het en met die koektrofee weggestap het.

Mnr Henri Wilken, ons trotse skoolhoof, het ons herinner aan waar alles begin het: 1959. In sy toespraak het hy JF se geskiedenis met trots gedeel – van die skool se stigting tot die gewaardeerde instelling wat dit vandag is.

Ons het die skoollied met oorgawe gesing – daardie woorde wat elke JF-leerder in hul hart dra. En soos altyd was daar plek vir “Sweet Caroline”, die lied wat lankal al deel van die meubels is, én “Summer of ’69”, wat hierdie jaar amptelik sy plek as nuwe musiek-“meubelstuk” verower het.

Die oggend is afgesluit met ’n energieke “Happy Birthday” aan ons geliefde skool – ’n eenvoudige gebaar wat juis wys hoe diep die trots by JF loop.

Maar die vieringe is nog nie klaar nie – ons maak gereed vir Vrydagmiddag en Saterdag se groot sportwedstryde, waar ons spelers hul harte op die veld gaan loslaat. Van rugby tot netbal – JF gaan wys hoekom ons nie net ‘n skool met geskiedenis is nie, maar een met ’n toekoms wat klop van passie, trots en ’n onmiskenbare JF-gees.

Gelukkige 66ste, Hoërskool Jim Fouché – jy is goud werd!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."