JF OESTER

VERKEERSTEKENS ÓF BREINBREKERS?

May 21, 2025

Berig Deur Adele Pienaar

Dis amptelik – 17-jariges dop hul leerderslisensie meer gereeld as pannekoek! Maar wie is nou regtig die skuldige? Is dit ons, wat eers op die laaste minuut besluit om te leer – met ’n YouTube-video in die een hand en ’n energiedrankie in die ander – of is dit die verkeersdepartement met hul vrae wat klink soos iets uit ’n geheime kodeboek?

Jy staan en wag vir ure, tussen harde plastiekstoele, gespanne blikke en iemand wat al vir die derde keer daardie toets kom skryf. Jy tik jou antwoorde met hande wat so sweet, dit voel of jy ’n toets in ’n saunaklas skryf. En dan – die ergste woorde denkbaar: “Sorry, try again.” Was dit nou regtig ’n toets oor padtekens, of was dit eerder ’n stresbestuur-eksamen?

Hulle vra jou of jy weet wat daai rooi driehoek beteken… Maar kom ons wees eerlik, in daai oomblik kon dit net sowel beteken het “Pasop vir bobbejane” of “Hou dop, drama op pad.” En dan’s daar natuurlik die “Wat beteken hierdie padlyn as dit geel is, gebreek is én op ’n afdraai?” vrae – dis soos algebra met verkeerstaal.

Maar dalk, net dalk, is dit nie net hulle nie. Miskien is dit ’n bietjie ons ook. Dalk moet ons ophou om net die “stop”-bord uit ons kop te leer, en eerder begin verstaan hoekom jy nie sommer net enige plek mag draai nie – al sê jou GPS dis vinniger.

Sterkte aan almal wat weer daai leerders gaan aanpak – jy’s nie alleen nie! En onthou: Leer nie net om te slaag nie, leer om op die pad te oorleef. Want daai bobbejaan-rooi-driehoek? Jy gaan dalk een dag dankbaar wees dat jy geweet het dis eintlik net ’n “gevaar”-teken.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."