JF OESTER

Twee pare helde op die JF-sportvelde

Apr 15, 2025

Een ding wat almal oor sport weet ̶ ongeag daarvan of hulle sportief is of nie ̶ is wie almal in die eerste spanne is. En dan is daar dáái paar atlete wat nie net in één sport vir die eerste span speel nie. Dan verbaas dit mens ook nie wanneer hulle boetie of sussie ook by daardie paadjie afstap nie.

Wel, daar is twee pare familielede in Jim Fouché wat beide werk om die skool se naam hoog te hou deur vir twéé sporte se eerste spanne speel. Ontmoet vir Niqlynn en Miqnia Coetzee, sowel as vir Cobus en Niel Wilken.

Niqlynn en Miqnia speel vir beide vir die eerste hokkie- en netbalspan, terwyl Cobus en Niel vir sowel die eerste hokkie- as die eerste krieketspan speel.

Al vier van hulle het al van graad een af begin met hul sporte, maar volgens Cobus Wilken was die twee boeties al van die ouderdom van ses maande oud al blootgestel aan krieket. Hulle liefde vir sport is hoofsaaklik deur hul ouers gekweek, tot hulle later self die begeerte ontwikkel het om op die sportveld te gaan speel.

Dié vier sportsterre verkies spansport, omdat hulle eerder as ’n span wil wen as alleen. Vriendskappe met spanmaats is ook baie belangrik, en natuurlik het hulle ook ’n passie vir dié sportsoorte. In kort is dit waar hulle hulle potensiaal die beste kan ontwikkel, en die sport wat hulle die meeste geniet.

Ten spyte van al hul prestasies bly die vraag staan oor hoe hulle dit regkry om gemotiveerd te bly deur die jaar met al die druk van akademie en sport. Vir Niel is dit omdat sport hom aktief hou en hom toelaat om weg te breek van realiteit en akademie. Cobus bly gemotiveerd deur sy oog op die einddoel te hou, waar hy al sy insette van die jaar vrugte kan sien afwerp. Miqnia sê dat die idee dat haar sussie dit saam met haar doen haar moed gee, en Niqlynn hou nie net haarself gemotiveerd nie, maar sy het ook wysheid vir ander matrieks.

“Matriek is rof, en die dae raak lank, maar die belangrikste is om ’n balans te kry en tyd vir jouself te maak. Jy moet onthou waarom en vir wie jy doen wat jy doen. Wanneer ek oorwerk of bedruk voel en motivering nodig het, is my eerste gedagte om te bid. Daar is niks wat die Here nie kan doen nie. Jy moet weet waar jou krag vandaan kom.” Dit is háár wyse woorde toe vir haar gevra is hoe sý gemotiveerd bly.

Elke sportheld het natuurlik ook ’n rolmodel. Vir Niel en Cobus is dit natuurlik die kriekethelde, Dale Steyn en AB de Villiers. Miqnia se rolmodel is haar ouer sussie, wat sy al van kleintyd af dophou, en vir Niqlynn is dit haar ouers.

Hulle het almal goeie raad vir jonger atlete wat ook graag eendag vir die eerste span wil speel.

“Stel vir jouself ’n doelwit en bly net aanhou werk daarvoor, en moet nooit moed opgee nie!” sê Niel Wilken. Miqnia sluit hierby aan: “Almal moet iewers begin; moenie opgee nie – veral as dit moeilik raak. Glo in jouself, en leer om kritiek te hanteer. Alles gaan nie altyd goed gaan nie. Moenie afkyk nie, kyk op en vertrou op die Here.”

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."