JF OESTER

Muurbalsensasie maak golwe landwyd

Apr 16, 2025

Berig Deur Adele Pienaar

Muurbalsensasie maak golwe landwyd: Benedette van Tonder klim die suksesleer

Wanneer talent, harde werk en vasberadenheid saamkom, gebeur daar iets besonders. Soos wanneer ’n jong sportster haar drome agternasit en haar naam op nasionale vlak laat hoor. Só het Benedette van Tonder, graad-11 leerder van Hoërskool Jim Fouché, die land onlangs laat regop sit met haar indrukwekkende vertonings op die muurbalbaan. Sy speel nie net vir oorwinnings nie – sy speel met hart, karakter en die soort dryfkrag wat ware kampioene vorm.

Met vasberadenheid in haar hart en ’n raket in die hand, het Benedette onlangs ’n indrukwekkende 11de plek by die SA Schools Closed in Johannesburg verower – een van die land se mees kompeterende toernooie vir jong muurbalspelers. Dié prestasie is geen toeval nie. Benedette, wat al van jongs af muurbal speel, het reeds in Maart by die Growthpoint SA Nationals Regionals in Bloemfontein haar stempel afgedruk. In haar eerste jaar in die o.19-afdeling wys sy nie net vaardigheid nie, maar ook vasberadenheid wat selfs deur volwassenes bewonder word.

Wat Benedette besonders maak, is nie net haar spel nie – maar wie sy is buite die baan. Sy is uiters hard op haarself, altyd op soek na maniere om beter te wees. Sy het ongelooflike deursettingsvermoë, gee nooit op nie, en dra haar medespelers op die hande. Sy wil altyd help waar sy kan, al is sy sélf onder druk. Ondanks haar intense fokus op prestasie, maak sy tyd om saam met haar vriendinne te lag en herinneringe te skep.

Een van haar mees inspirerende oomblikke was toe sy onlangs haar eie provinsie se senior vroue nommer een geklop het in ’n vriendskaplike wedstryd ná ’n spanningsvolle vyf stelle. “Ek het vir die eerste keer in ’n lang tyd weer geniet om te speel. Dis toe ek besef het ek ís goed genoeg,” vertel sy eerlik.

Met die ondersteuning van haar afrigter, Michael Deutschmann, en haar fiksheidsafrigter, Elsabé le Roux, is Benedette vasbeslote om steeds hoër te klim. Haar grootste dryfkrag? “God en my pa. Hy’s altyd daar – my stil vegter.”

Sy sien nou uit na die Growthpoint SA Nationals wat van 14 tot 17 Augustus 2025 by die V&A Waterfront in Kaapstad plaasvind. Hierdie toernooi, wat op ‘n glasbaan aangebied word, is een van die hoogtepunte op die Suid-Afrikaanse muurbalkalender, en bied aan spelers soos Benedette die geleentheid om hul vaardighede teen die land se beste te meet.

Benedette van Tonder is nie net ’n muurbalspeler nie – sy is ’n inspirasie.

Kategories

Argiewe

2 Comments

  1. A Wilken

    ń Pragtige berig oor ń pragtige dogter!

    Reply
    • Abigail

      SO ‘n pragtige Princess in FATHER GOD SE KONINKRYK SOOS TROTS OP JOU BENEDETTE!!!!!❤️❤️❤️❤️❤️

      Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."