JF OESTER

Juf. Elrie Groenewald – Omgee is haar middelnaam 

Mar 28, 2025

Juffrou Elrie Groenewald is as een van Jim Fouché se nuwe LO-onderwyseresse aangestel, en, nes die graadagts s’n, was die eerste dag vir haar nogal oorweldigend, aangesien dit die eerste keer is dat sy voor in die klaskamer moes staan en klasgee. 

 Sy is in Bloemfontein gebore en het haar eerste sewe jaar in President Brand Primêre Skool deurgebring, waar sy later haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Sentraal voltooi het. Tans is sy besig met haar Honneursgraad in Education Management and Leadership. 

“Ek wil ’n verskil in die kinders se lewens maak en seker maak dat elke kind spesiaal voel en voel dat hulle raakgesien word.’’ Dít is haar antwoord toe sy gevra is wat haar droom vir haar loopbaan is. Albei haar ouers was onderwysers, en dit het die passie om met jong mense te werk al van kleintyd af laat ontkiem.  

In haar vrye tyd sal sy graag oefeninge doen of enige iets aktief, soos tennis speel, draf, stap en net om die natuur se skoonheid in te neem. Dit is vir haar die lekkerste.  

Een manier om vinnig uit te vind hoe intelligent ’n persoon is, is om vir hulle te vra watter drie dinge hulle by hulle sou wou hê as hulle op ’n verlate eiland gestrand was, en volgens juffrou Elri se antwoorde het sy baie intelligensie. Die eerste is haar gesin. (Want ’n mens het maar geselskap nodig, en wie wil nou alleen wees wanneer jy op ’n verlate eiland gestrand is?) Tweedens sal dit iets wees om vuur mee te maak en dan laaste ’n mes of ’n visstok – baie slim, want sy gaan sosiaal kan verkeer, kan eet, én kan warm raak in die koue nagte. 

Sy sou haarself beskryf met die woord “Omgee” as sy net een sou kon gebruik.  

“My hart is altyd oop vir enige iemand om te kom afpak, en wanneer ek iemand sien wat swaarkry, breek my hart en wil ek enige iets doen om hulle te help, al is my hande afgekap.” En net soos enige ander omgeemens, is die ding wat haar die meeste kwaad maak, wanneer iemand op iemand anders neerkyk of hulle onregverdig behandel. Dit pas baie goed by haar lewensfilosofie, geïnspireer deur die persoon wat die meeste omgee, Jesus.  

“Ek wil hê ander moet vir Jesus sien vóór hulle my sien. Om in God se lig te leef en sy liefde uit te straal – dít is my lewensdoel.”  

 Ons as Hoërskool Jim Fouché is bitterlik opgewonde om haar hierdie skooljaar beter te leer ken! 

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."