JF OESTER

JF-TENNIS SKITTER OP DIE BANE!

Mar 12, 2025

Berig Deur JF Oester

Jim Fouché se tennisspanne het van 7-8 Februarie met ‘n brandende gees deelgeneem aan die Van Niekerk-en-Koen Tennistoernooi te Burgersdorp. Dit was nie net ‘n toernooi nie, maar ’n slagveld van talent, uithouvermoë en suiwer JF-mojo!

Ons O/15-seunspan het met hul rakette geskitter en Burgersdorp 2 met ’n skitterende 10/4 afgeransel. Ná ’n knou teen De Aar se O/19-span (3/11), het hulle soos ware kampioene teruggeveg en Cradock (8/6) en Burgersdorp 1 (8/6) stof in die oë geskop. Toe kom die grootste uitdaging: Niks anders as ’n JF teen JF-stryd nie! Die O/15’s moes egter die knie buig teen ons magtige O/19-span (1/13), maar hulle het hulself reggeruk en ’n oorwinning teen Union (9/5) behaal. Middelburg was ‘n taai opponent, maar die jong manne het hul moed getoon, al het hulle 2/12 verloor.

Die O/19 gemengde span het met ’n blitskrag begin en Burgersdorp (37/19) en Burgersdorp 2 (13/1) met styl afgerond. Daarna het hulle Cradock (35/21) gesystap en hul eie O/15-span ’n tennisklas gegee (13/1).

Maar toe kom die kragtoetse teen Middelburg en De Aar – en wát ’n stryd! Dit was hou vir hou ’n wedstryd van presisie en senuwees van staal! Al was die uitslae skerp (26/30 teen beide spanne), het hulle steeds ‘n puik 3de plek ingeneem. ’n Fantastiese prestasie!

Aan al ons spelers: Julle het elke punt, elke sweetdruppel, en elke hou op die baan die moeite werd gemaak. JF-Tennis is hier om te bly – sien julle by die volgende toernooi, waar ons nóg groter gaan wen!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.