JF OESTER

Integriteit se waare kleure

Mar 28, 2025

Integriteit is ‘n woord wat JF-leerders baie goed as een van ons waardes ken. Dis net ‘n  jammerte dat nie almal presies weet wat die betekenis daarvan is of hoe ons integriteit (of gebrek daaraan) onsself of ons skoolmaats kan beïnvloed nie. 

Integriteit is om die regte ding te doen, selfs al weet niemand daarvan nie. Saam met dit, is dit ook om sterk beginsels te hê en nie toe te laat dat enige iemand sommer net daaroor trap nie. ’n Goeie voorbeeld hiervan is om te besluit dat jy elke middag seker sal maak dat jou huiswerk gedoen is, maak nie saak hoe onskuldig dit ook al mag lyk om dit vinnig in die periode voor die tyd te doen nie.  

Chrishelle Jonker, ’n graad 9-leerling, sê sy kom agter dat leerders die meeste sukkel met die besluit om “nee” te sê vir die onopmerklike regmaak van foute in assesserings om beter punte te verdien. 

Van die belangrikste eienskappe van integriteit is om eerlik, respekvol en geduldig te wees. As jy dÍt kan toepas in jou lewe, sal dit baie makliker wees om met integriteit te lewe. Om met integriteit te leef, vra jouself die volgende: Is dit regtig wat ek wil hê? Is dit wie ek is of wil wees? Sal my besluit my of die mense rondom my negatief beïnvloed? 

 So volgende keer wanneer daai een pel vir jou vra om saam met hom/haar te gaan tjoef, sê eerder nee en draai om voordat dit te laat is en jy dalk ingee. Jy is waardevol genoeg om nie toe te gee aan iets wat teen jou beginsels is nie.   

Swindoll Charles R het die volgende gesê: “Real integrity stays in place whether the test is adversity or prosperity” (Werklike integriteit bly staan, of die toets nou teëspoed of voorspoed is.) So integriteit beteken om in goeie EN in slegte tye die eerlike, opregte besluite te neem.   

En onthou net, wanneer jy weet niemand sien jou nie, en jy wil dalk die verkeerde besluit neem, dink daaraan dat God wel alles weet. Vra jouself af of dit die manier is waarop jy liefde aan Hom wil bewys. 

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."