JF OESTER

Oppie Tong Af Nasionaal

Oct 24, 2024

Berig Deur Ansje Bekker

Vanaf 3 tot 5 Oktober het die Oppie Tong Af Nasionale Redenaars kompetisie plaasgevind. JF het 5 leerders gehad wat gekwalifiseer het vir hierdie rondte, by Laerskool Rooikraal in Centurion, Pretoria. Dit was regtig `n besonderse geleentheid vir hierdie leerders en ons is baie trots op hulle.

Dit was `n goed-georganiseerde kompetisie met vriendelike mense. Die positiewe atmosfeer by hierdie redenaars-geleentheid kon leerders aanmoedig om tot die beste van hul vermoëns te presteer.  JF het goed gevaar en baie geleer. Dit was`n goeie geleentheid vir hierdie leerders om weer voor mense te praat en hul talente te wys.

Die onvoorbereide afdeling het die leerders uitgedaag om vinnig op hul voete te dink en soos Josua Deacon (graad 9 onvoorbereide redenaar) sal sê, “sinmakende nonsens” te praat. By Die Goue Tong het die leerders slegs vyf minute om hul toesprake voor te berei. Hulle het goeie vaardighede aangeleer.

Die hele ervaring was vir die deelnemers baie aangenaam. Die geleentheid het afgegskop met`n vriendelike verwelkoming en pragtige baniere waarby foto’s geneem kon word, na netjiese lokale en baie interessante toesprake wat gehoor was. Die prysuitdeling was ook uitstekend.

Die JF-leerders het baie nuwe mense ontmoet en kon selfs nuwe vriendskappe bou, al was hulle net so kort rukkie daar om eintlik die beoordelaars en voorsitter van hul standpunte te oortuig. Daar was mense van baie verskillende plekke soos Somerset-Wes, die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies. Dit bewys net weer, hoe die JF-kultuur is: `n Kultuur van verhoudings bou en omgee vir mense.

Ons is opgewonde vir JF se redenaars vorentoe. Dankie, en baie geluk aan Lize, Lisa, Jacobus, Josua en Karla wat ons naam gaan hoog hou het in Pretoria.

Karla Visser, ‘n matriekleerder, stel dit so mooi : “Voorsitter, om af te sluit… 12 Jaar se harde oefening, laat aande en vlinders in die maag was inderdaad uitdagend, maar die reis was verseker die moeite werd!”

Oppie Tong Af Nasionaal

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."