JF OESTER

Hoe om jou eerste afspraak op te mors

Aug 19, 2024

Berig Deur Liechen Willemse

Hoe om jou eerste afspraak op te mors

Daar is niemand wat my so bang maak soos my ma nie, maar tog is ’n eerste afspraak ’n hele ander tipe BANG! Maar moenie laat hierdie “ander tipe bang” jou onderkry nie.

Ek gaan jou die pad wys na “HOLLYWOOD” (wink-wink)

Al ons meisies weet van die gesukkel om die perfekte uitrusting te kies, veral as jy daardie sjarmante outjie wil beïndruk. Ek is nou nie veel van ’n modekenner nie, maar selfs ék weet ’n oorgroot sweetpak en jou modderbruin tekkies is net die ding wat daardie outjie se mond gaan laat water!

Jy het pragtige rooi rose ontvang, maar dit is nie wat jou oog vang nie; inteendeel is dit daardie aantreklike kelner wat vir jou ogies maak. Daar is niks fout daarmee om ’n bietjie te flankeer nie … Solank jy dit nie agter jou metgesel se rug doen nie, kan jy selfs vir daardie vuurwarm kelner ’n soentjie blaas.

Die kersie op die koek sal wees om oor jou ekskêrel te praat (dis die perfekte gesprekbeginner), en Dames, gló my, niks sal hom meer genot verskaf as om heelaand van jou eks te hoor nie.

Ons meisies is ALTYD honger, so as jy daardie lekker bros hoendervelletjie op jou metgesel se bord sien, vat dit vir jou, sonder om te vra. Hy sal glad nie omgee nie, en trouens – jou inisiatief bewonder.

Dames, ek hoop jy weet nóú hoe om jou eerste afspraak behoorlik onvergeetlik te maak!

Deur: Liechen Willemse

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.