JF OESTER

Ons Fearless fighters maak hul merk by SA’s

Jul 31, 2024

Berig Deur Elseri Venter

SKRYWER: ELSERI VENTER

Op die 18de Julie het ons o/16A-netbalspan na Randburg vertrek vir die jaarlikse SA Netbaltoernooi. Vroeër dié jaar het hierdie span by die Vrystaat uitspele tweede geëindig, en gekwalifiseer om hulle merk by SA’s te gaan maak.

Hierdie span se motto is “Fearless” en hulle was inderdaad vreesloos toe hulle die baan teen van die beste netbalskole in die lande, onder andere Hoërskool Ben Vorster, betree het.

Die oggend van die 19de het die eerste poelwedstryde begin, en die meisies het sommer sterk begin met ’n eerste wen teen Rust-ter-vaal met ’n telling van 38-2. Daarna het hulle Duineveld aangevat en met ’n telling van 20-16 met die oorhand weggestap. Hulle laaste poelwedstryd teen Idlangemabala het ook in hulle guns getel na hulle ’n oorwining van 26-14 behaal het.

JF eindig toe eerste in hulle poel! Die middag na afloop van hulle wedstryde is die meisies terug na hulle gastehuis om te rus en herstel vir die volgende dag se groot wedstryde.

Saterdagoggend het die meisies drie taai wedstryde teen onderskeidelik Hoërskool Ben Vorster, Middelburg en Framesby gespeel, waar hulle ongelukkig naelskraap verloor het, maar steeds netbal vanuit die boonste rakke ten toon gestel het. JF wen toe hulle laaste wedstryd teen Bergsig met ’n skitterende telling van 19-17 en eindig algeheel 15de van ongeveer 32 spanne wat deelgeneem het.

Dit is ’n uitmuntende prestasie, en hierdie span kan ongelooflik trots wees op dit wat hulle vermag het! Hierdie agt graad 10-meisies – Calista, Minke, Natalie, Tamzin, Miqnia, Mignon, Germari en Mia, asook juffrou Soné, hulle afrigter, is die ware definisie van saai om te oes!

o/16s, julle maak JF trots! 

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.