Op die 18de Julie het ons o/16A-netbalspan na Randburg vertrek vir die jaarlikse SA Netbaltoernooi. Vroeër dié jaar het hierdie span by die Vrystaat uitspele tweede geëindig, en gekwalifiseer om hulle merk by SA’s te gaan maak.
Elseri Venter
Wie kraai vanjaar koning by die Classic Clash?
Op 6 Mei het die groot week aangebreek. Daar was ’n elektriese atmosfeer onder die JF’ers soos hulle in groen by die skool opgedaag het. Die VRL het ook gesorg dat elkeen met ’n groen of oranje ballon op hulle skooltasse pronk.
Goeiedag, ek’s graad 8 …
"Ek is uiteindelik in graad agt, ek wag al 14 jaar vir hierdie dag..." weergalm dit sedert die 17de Januarie deur JF se gange. Ons graad 8's het al die 16de Januarie skool toe gekom om solank saam met die VRL hulle voete op dié nuwe skoolgronde te vind, en vir die...
Graad aggie, jy weet nie wat op jou waggie! (op ‘n goeie manier!)
Jy het nou al jou eerste paar treë in die rigting van 'n onbekende toekoms gegee. Jy kry dalk steeds ’n paar vreemde kyke, wat alles te danke is aan jou agt poniesterte of middelpaadjie. Dalk voel jy steeds bang en onseker. Maar dis nie lank nie of ’n vriendelike...
Eksamenstres: Die tiener se grootste vyand
Almal van ons ken daardie angswekkende gevoel wanneer jy by die eksamenlokaal instap. Rye en rye skoolbanke staan netjies in die saal uitgepak met vraestelle wat versigtig daarop neergelê is. Jy sit jou foon in die boksie op die verhoog en skielik wil jou hart jou...
Drop die bal, slaan ’n ace …
Op Woensdag die 16de Augustus het JF se eerste tennisspanne weer eens na Cradock vertrek om JF by die Marilie Moolman-toernooi te gaan verteenwoordig. Ons eerste meisiespan het verlede jaar die voorreg gehad om dié toernooi te wen, en het hierdie jaar met hoë...






