JF OESTER

Drop die bal, slaan ’n ace …

Sep 4, 2023

Berig Deur Elseri Venter

Op Woensdag die 16de Augustus het JF se eerste tennisspanne weer eens na Cradock vertrek om JF by die Marilie Moolman-toernooi te gaan verteenwoordig.

Ons eerste meisiespan het verlede jaar die voorreg gehad om dié toernooi te wen, en het hierdie jaar met hoë verwagtinge gegaan om hulle titel te gaan verdedig.

 Die Donderdagoggend het ons spanne se moed egter ’n bietjie in hul skoene gesak toe papsop(winterwater)nat tennisbane by die verskeie venues hulle begroet het. Gelukkig staan ‘n JF’er se hande vir niks verkeerd nie, want toe die reën ophou, het hulle dadelik besems gegryp om die bane te begin droogvee sodat hulle kan begin tennis speel.

Daardie aand, toe al die wedstryde (op droë bane) afgehandel is, het ons spanne ’n lekker rustige aand by Buffelshoek Dirosie Game Lodge deurgebring, en saam met die ander spanne om ’n bonfire gekuier voordat hulle terug Cradock toe is om te herlaai vir Vrydag se wedstryde.

Vrydagoggend is ons spanne gelukkig deur lekker sonskynweer welkom geheet en kon ’n dag vol lekker en uitdagende tennis geniet. Vrydagaand het ons spanne die lewe na hulle straat toe gebring en lekker musiek oor ’n luidspreker gespeel en speletjies saam met die ander spanne in die straat gespeel.

Ná Saterdag se wedstryde het al die spanne na Jenkins Creek, ‘n prag-venue, vir die afsluiting- en prysuitdelingsfunksie vertrek. Daar het ons tennissterre heerlik na ’n lang en uitputtende toernooi ontspan en vir oulaas saam met hul nuwe vriende gekuier.

Ons meisiespan het oor die tydperk van drie dae teen 6 verskillende skole beide enkels- en dubbelswedstryde gespeel, en alhoewel hulle nie hierdie jaar die trofee huis toe kon bring nie, gaan hulle hard werk om volgende jaar weer sterker terug te keer.

Ons seunspan het ook ses wedstryde gespeel en in elke wedstryd JF se naam hoog gehou. Hulle het ook daarvoor gesorg dat ons nie leë hande huis toe kom nie, want hulle het die GEESBEKER van die toernooi ingepalm.

Ons spanne sê dat hulle nie die resultate gekry het waarop hulle gehoop het nie, maar dat hulle baie lekker tennis gespeel het en die toernooi báie geniet het.

“Volgende jaar keer ons sterker terug!” beaam al 12 ons tennissterre soos een man.

Baie geluk tennis! JF is voorwaar trots op julle!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.