JF OESTER

Graad aggie, jy weet nie wat op jou waggie! (op ‘n goeie manier!)

Jan 22, 2024

Berig Deur Elseri Venter

Jy het nou al jou eerste paar treë in die rigting van ‘n onbekende toekoms gegee. Jy kry dalk steeds ’n paar vreemde kyke, wat alles te danke is aan jou agt poniesterte of middelpaadjie. Dalk voel jy steeds bang en onseker. Maar dis nie lank nie of ’n vriendelike glimlag groet jou. En kort daarna nog een, en nog een – en so hou dit die heel dag aan. Om elke hoek en draai is ’n gerusstellende JF’er wat jou glimlaggend groet, en vóór pouse aanbreek, voel jy al TUIS in jou splinternuwe huis – Hoërskool JF!

Liefste graad 8’ie, ek weet jy voel dalk bang en onseker oor die nuwe hoofstuk van jou lewe – glo my, ek wéét – ons almal is daardeur. Maar … Dis só lekker – jy gaan soveel nuwe maatjies maak, en heel moontlik ‘n paar rolmodelle kry na wie jy so baie gaan opkyk, en jy gaan só vinnig tuis voel.

Ten einde ‘n baie suksesvolle eerste paar weke van Hoërskool te hê, gaan ek vir julle ‘n paar wenke gee wat jy liefs kan volg om te verseker dat jy binne ‘n oogwink soos ‘n ware JF’er gaan voel.

Nommer een. Luister maar vir die matrieks as hulle vir jou sê dat jy al weer jy die graad 8-liedjie moet sing. In die oomblik gaan dit dalk vir jou voel of die aarde jou eerder moet insluk, maar as jy (soos ek) in matriek staan en terugkyk na jou graad 8-jaar, gaan jy lag, en dit as ‘n goeie herinnering beskou.

Tweedens, neem aan ALLES deel. Dit klink dalk simpel, maar dit is 100% die moeite werd. Speel saam met jou klas die speletjies by die graad 8-naweek. Neem entoesiasties deel aan die atletiek en los jou hart op die verhoog as jy en jou klas by die sixerkonsert dans. Hoërskool gaan regtig in ‘n oogwink verby en dis lekker om soveel lekker herinneringe te kan koester.

Nommer drie. Moenie bang wees om uit te reik en nuwe vriende te maak nie. Jou vriende is die mense wat jou die meeste gaan beïnvloed in jou vyf hoërskooljare, so maak seker jy het die regte vriende en vriende wat net die beste vir jou wil hê.

Vierdens, luister vir jou onnies!! Hulle weet regtig beter as ons en hulle maak so baie opofferings om vir ons die beste moontlike opvoeding te gee. En onthou ook, hulle is, soos ek en jy, ook net mens en gaan ook dalk so af en toe foute maak.

En dan die HEEL belangrikste wenk – Onthou wie jou Skepper is. Jy gaan baie uitdagings in die gesig moet staar, en ek BELOWE jou – hierdie uitdagings is soveel makliker as jy weet dat jy nie alleen is nie. Die Skepper van álles wat jy elke dag sien, het besluit dat die wêreld jou nodig het, en Hy het besluit dat jy in JF moet wees. Moet nooit in sy liefde vir jou twyfel nie, en doen altyd alles asof jy dit vir Hom doen.

Ek los julle graag met die volgende – geniét die volgende 5 jaar!! Ek weet 5 jaar klink baie, maar voor jy jou oë uitvee, is jy in matriek, en dan moet jy besluit waar en wat jy wil gaan studeer. Neem deel aan sport. Kuier saam met jou vriende. Doen jou huiswerk en leer hard vir jou toetse! Maar moenie vergeet om Hoërskool te geniet nie!

Liefste graad aggie, jy gaan dit nog so baie hoor, maar SAAI OM TE OES!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.