JF OESTER

Wanneer dag in nag gehul word: 2024 se sonsverduistering

Apr 24, 2024

Berig Deur Wihan Coertzen

Foto: https://cronyn.uwo.ca/eclipse2024/

Op die 8ste April, oor groot dele van die Verenigde State, het dag in nag verander vir die eerste keer in sewe jaar. Die maan het vir ongeveer vier minute tussen die son en die aarde inbeweeg en ’n skaduwee oor die aarde gegooi.

 ‘n Totale sonsverduistering vind plaas wanneer die maan tussen die son en die aarde beweeg en die son heeltemal blokkeer. Dit gebeur gemiddeld elke 18 maande iewers op aarde.

Hierdie jaar was dit Amerika se beurt. Die sogenaamde “pad van totaliteit”, dit wil sê, die pad waarlangs die maan die son heeltemal blokkeer, het oor stede soos Indianapolis, Dallas en San Antonio beweeg. ’n Gedeeltelike sonsverduistering was egter regoor die State sigbaar – van New York op die ooskus na Los Angeles op die weskus.

In 2017 kon ongeveer 12 miljoen mense die sonsverduistering van hulle huise af sien. Hierdie jaar word daar beraam dat daardie syfer op 32 miljoen staan. Hierdie jaar het dit ook twee keer so lank geduur in vergeleke met 2017, met ’n maksimum tyd van 4 minute en 28 sekondes. Temperature het ook tydens hierdie verskynsel met ongeveer 5ºC gedaal.

Sonsverduisterings is nie net pragtig om waar te neem nie, hulle is ook wonderlik vir navorsing. Volgens NASA het hierdie waarnemings bygedra tot die ontsyfering van die son se struktuur. Dit het bewyse gelewer van Einstein se teorie van algemene relatiwiteit en het selfs gehelp om ‘n nuwe element te ontdek!

Hierdie jaar se verduistering het wetenskaplikes toelaat om ’n deel van die son se atmosfeer – bekend as die korona – waar te neem, wat gewoonlik te flou is om te sien as gevolg van die son se helderheid.

Die volgende totale sonsverduistering sal in 2026 plaasvind. Dit sal sigbaar wees in Europa, Noord-Amerika en sommige dele van Afrika. Suid-Afrikaners sal egter tot 2030 moet wag vir hulle beurt.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."