JF OESTER

JF se Raakpraters!

Apr 24, 2024

Berig Deur Ansje Bekker

“Voorsitter, dames en here,” hiermee ’n paar van Jim Fouché se redenaarsgebeure. Ek glo vas dat JF sprekers kweek wat elke kompetisie domineer, en bewys graag hierdie standpunt aan die hand van die volgende argumente.

2024 se voorbereide toespraak onderwerpe vir die juniors is kantlyn, meulsteen of boekmerk. Metafoor, visie of paradoks is die seniors s’n. Leerders moet in hierdie onderwerpe duidelike oortuigingsfaktore opsom in ’n 7 minuut lange toespraak. Hierdie verwagtinge skrik egter geen JF-leerder af nie. Vanjaar het JF ’n fenonemale 34 sprekers, en hulle lippe is aan die brand! Moenie sommer ’n argument met hulle begin nie; hulle is lús vir oorreed! Kom ek wys jou hoe presteer ons sprekers selfs al so vroeg in die jaar.

Die eerste redenaarskompetisie waaraan JF se leerders deelgeneem het, was Radikale Redenaars op 6 Maart 2024. Dit was ’n aanlynkompetisie en JF het uitmuntend presteer met 17 leerders (vir voorbereide toesprake en prosa lees) wat deurdring na die streeksfinaal wat op 4 Mei by Oranje Meisieskool gaan plaasvind.

Die tweede kompetisie waar JF uitgeblink het, was OppiTongAf (15-19 April 2024). Hierdie kompetisie was deur middel van ZOOM gedoen. Die uitslae spreek vir hulself: JF het 5 senior leerders gehad wat A++’e behaal het. Dit is ’n toespraak met ’n punt bo 90%. Die onvoorbereide redenaars sprekers het ook by “Die Goue Tong,” waar hulle ’n skamele výf minute voorberedingstyd het, uitstekend presteer met twee A++’e.

Op 1 Mei 2024 gaan 16 leerders JF by Witteberg by die ATKV-kompetisie verteenwoordig. Ons wens elke leerder soveel sterkte toe. Ons weet julle gaan JF se naam hoog hou.

“Voorsitter, dames en here”, hiermee sluit ek af: JF se sprekers domineer die redenaarskompetisies met hul oorredingvermoëns, goeie stemgebruik en insig in hul argumente.

Deur: Ansje Bekker

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."