JF OESTER

Eerstes en Laastes

Mar 7, 2024

Berig Deur Kayla de Klerk

Die dag waarvoor ALMAL gewag het; ’n dag vol lag, dans, speletjies en KOMPETISIE…

Ja, die Gradedag en Matrieks vs Res was weer ‘n grote.

Die weer was ‘n bietjie anders as laas jaar: In plaas van lekker reën het die sonstrale almal laat kook, maar hitte keer JF nie. Met glybane en hindernisbane en ‘piggy back’ was die dag heel lekker en suksesvol.

Baie geluk aan die Matrieks wat die Mx vs. Res-dag gewen het, en die tradisie oordra na die volgende matrieks toe.

En nou vir die Grade Dag uitslae…

5de: Gr. 10
4de: Gr. 11
3de: Gr. 12
2de: Gr. 9
1ste: Gr. 8

Baie geluk aan al die grade, veral die graadaggies, wat hulle eerste Gradedag gewen het!

Kayla de Klerk

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.