JF OESTER

Eerstes en Laastes

Mar 7, 2024

Berig Deur Kayla de Klerk

Die dag waarvoor ALMAL gewag het; ’n dag vol lag, dans, speletjies en KOMPETISIE…

Ja, die Gradedag en Matrieks vs Res was weer ‘n grote.

Die weer was ‘n bietjie anders as laas jaar: In plaas van lekker reën het die sonstrale almal laat kook, maar hitte keer JF nie. Met glybane en hindernisbane en ‘piggy back’ was die dag heel lekker en suksesvol.

Baie geluk aan die Matrieks wat die Mx vs. Res-dag gewen het, en die tradisie oordra na die volgende matrieks toe.

En nou vir die Grade Dag uitslae…

5de: Gr. 10
4de: Gr. 11
3de: Gr. 12
2de: Gr. 9
1ste: Gr. 8

Baie geluk aan al die grade, veral die graadaggies, wat hulle eerste Gradedag gewen het!

Kayla de Klerk

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.