JF OESTER

Terug by haar alma mater – juffrou Adéle is hier om te bly

Jan 30, 2024

Berig Deur Kayla de Klerk

“Om deel te wees van die gees en netbal. Om ’n inspirasie te wees vir een kind, soos wat die onderwysers in mý tyd by die skool vir mý was.”

Dit is juffrou Adéle van Wyk se antwoord toe daar vir haar gevra is wat haar droom is vir haar loopbaan by JF.

Juffrou Adéle sluit by ons aan as Jim Fouché se nuwe LO-onderwyser. Sy is in Kimberley gebore en het daar skool gegaan tot in graad ses toe sy saam met haar ma en sussie na Bloemfontein getrek het. Hier het sy haar skoolloopbaan by Hoërskool Jim Fouché voortgesit en ná skool Menslike Hulpbronbestuur aan Kovsies studeer. Sy besluit toe egter om in Suid-Korea te gaan skoolhou, en bly toe sommer vir twee jaar. Daar het sy verlief geraak op onderwys en geweet dit is wat sy wil doen.

Soos almal was juffrou Adéle se stresvlakke hoog vir die eerste dag van skool, maar nou is sy al redelik gemaklik. Sy hoop om aanvaar te word vir wie sy is en dat sy haar droom kan uitleef totdat sy oud en grys is.

Sy kyk graag video’s wanneer sy wil ontspan, veral Bailey Sarian se “Murder, mystery and makeup Monday.” Ander stokperdjies sluit in om aksienetbal te speel, middagslapies te vat en saam met vriende te kuier. As sy haarself in een woord kon beskryf, sou dit “liefdevol” wees, maar elke liefdevolle persoon het natuurlik ook iets wat hulle hare laat rys! Vir juffrou Adéle is dit as haar kat die televisie krap wanneer sy aandag soek, en dan – erger – ongeskikte mense. As sy op ’n verlate eiland gestrand sou wees, sou sy darem graag haar katte by haar wou hê, en, as sy eerlik is, ’n yskoue bottel water!

Haar lewensfilosofie kan almal maar navolg:

“Ek dink die lewe is soos die golwe in die see. Goed kan van jou af weg gevat word en ander goed kan weer vir jou gegee word. Jy moet leer om die slegte te laat gaan en die goeie in te neem. Soms moet jy net stop en na die golwe van die lewe kyk en dit waardeer vir wat dit is. Én jy moet altyd braaf wees op jou pad vorentoe. Die Here sal jou altyd beskerm.”

Interessante feite

  • Ek lees net boeke in vakansietye.
  • Ek is mal oor katte. Ek het twee by die huis.
  • Ek hou van pienk.
  • Ek was in ’n musiekgroep toe ek in Suid-Korea was. Ek het vir hulle gesing. (JF soek bewyse!)

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.