JF OESTER

Juffrou Liza, ’n Vrystater in Murg en Been

Jan 30, 2024

Berig Deur Melanie Slabbert

JF se nuwe onnie is gebore en getoë in die hartjie van Suid Afrika, die stad van rose. Dis was ’n voorreg om met me Liza Vermeulen, ’n Vrystater in murg en been, ’n onderhoud te voer en haar op dié manier ’n bietjie meer persoonlik te leer ken.

Sy het in Bloemfontein, Fichardtpark Laer- en Hoërskool, skool gegaan en het studeer aan die Universiteit van die Vrystaat. Ná sewe jaar van skoolgee – drie jaar by Hoërskool Fichardtpark en ’n verdere vier jaar by Heatherdale Sekondêr – het Juffrou Liza ’n betrekking by óns droomskool aanvaar om Lewenswetenskappe aan te bied.

Sy is getroud en het twee seuntjies wat onderskeidelik 2 jaar en 4 maande oud is. Een woord waarmee sy haarself beskryf, is “passievol” en sy het ’n broertjie dood aan “entitlement.” Haar droom vir haar loopbaan hier by JF, is dat sy verder sal groei en verbeter as individu en as onderwyseres. Juffrou Liza sê dat sy daarna uitsien om deel te wees van ’n skool wat op alle terreine goed presteer en wat hard werk om gebalanseerde en gelukkige leerders te kweek. Sy het onderwys gekies omdat dit nog altyd vir haar baie bevredigend was om iemand iets te help verstaan wat hulle nie voorheen verstaan het nie.

‘n Paar interessante feite van ons nuwe juffrou, is dat sy eerder ‘n “Marvel-movie” sal kyk as ‘n romantiese komedie. Sy maak ook graag kos, maar iemand anders moet die skottelgoed was! Haar gunsteling-ontspanningsaktiwiteit is om langs ’n kampvuur te sit, en as sy tussen koffie, tee of hot chocolate moet kies, sal dit sonder twyfel koffie wees. Sy word eerder bederf met southappies as iets soet en sy staan onpartydig tenoor die pynappel-op-pizza-debat.

Gedurende ons onderhoud verklaar sy dat, as sy ’n dier kon wees, dit ’n kat sou wees, omdat sy baie van middagslapies in die winterson hou! Die VYF noodsaaklikhede waarsonder ons nuwe juffrou nie sal kan oorleef as sy op n eiland gestrand moet wees, nie, is haar man, ordentlike koffie, lekker kos, tandepasta en seep. (Haar seuntjies kuier seker by Ouma ..!)

Die Bybelvers, Johannes 19: 30 – “Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: ‘Dit is volbring!’ Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas,” het vir juffrou Lize besondere betekenis en sy sê dat hierdie vers haar baie vrede bring, omdat Jesus se verlossingswerk reeds afgehandel is; die prys vir sonde is volledig betaal.

Haar boodskap vir 2024 is ‘n aanhaling van Simon Sinek: “You don’t hire for skill, you hire for attitude. You can always teach skills.”

Ons is baie opgewonde om hierdie nuwe juffrou te verwelkom en ons sien uit na die positiewe verskil en wat sy in JF gaan maak en die “skills” wat sy ons gaan leer.

Berig deur: Melanie Slabbert

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Nuus Nov 28, 2025

JF TOER – ‘n REIS VOL HERINNERINGE

Elke jaar sien Hoërskool Jim Fouché se leerders uit na die JF-toer wat jaarliks in die September-/Oktobervakansie plaasvind, maar wat maak die toer so opwindend dat die leerders nie kan wag om op die bus te klim en in die pad te val nie?

Oester KAF Oct 29, 2025

Ligte, Kameras, Jim Fouché!

Wat het Leon Schuster, Brendan Peyper en nou ook – Chrizaan Raath – gemeen? Hulle is almal bekende gesigte in die vermaakbedryf, en almal was in JF! Ja nee, ons het geen tekort aan uitvoerprodukte nie.

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."