JF OESTER

’n Man wat doen; sy bloed so groen!

Oct 26, 2023

Berig Deur JF Oester

Gebore in 1983 in Vanderbijlpark, het meneer Corné Erasmus sy groot lewe klein begin.

Aan die einde van matriek is meneer Corné goedgekeur en reg om by die vloot aan te sluit, maar drie weke voor hy sou aanmeld, het hy ’n beurs ontvang om onderwys te gaan studeer. Hy het dit as ’n teken gesien en die geleentheid aangegryp, ’n besluit waaroor hy nog nooit spyt was nie.

Meneer Erasmus het sy onderwysloopbaan in 2005 by HTS Louis Botha begin, waar hy IGO, elektries en tegnologie aangebied het.

Gelukkig vir ons, aanvaar hy toe in 2016 ’n pos by HS Jim Fouché. Hier het meneer Corné sulke diep spore getrap dat hy onlangs aangestel is as adjunkhoof. Hy beskou hierdie geleentheid as ’n baie groot voorreg en een waarvoor hy baie dankbaar is. Hy gryp elke geleentheid aan en werk hard vir wat hy wil hê. Vir seker ’n baie eerbare eienskap.

Wat is dit wat ‘n mens elke dag motiveer en jou aanmoedig om aan te gaan?

“Die passie vir kinders, om geleenthede vir hulle te skep en om elke dag kinders te kan aanraak, al is dit nie dertig nie. Een kind ‘n dag is genoeg.”

Meneer Corné se antwoord is beslis ’n voorbeeld vir baie. Ons sien uit na die impak wat hy nog gaan maak!

 

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.